Ver­mis­te seun kruip glo weg in s­kool se dak

Die Burger - - 4 - – Ca­ra-Lee Dorf­ling

’n Tie­ner­seun van King­stown in De­spa­tch wat Vry­dag as ver­mis aan­ge­meld is, het ver­moe­de­lik dae lank in sy s­kool se dak weg­ge­kruip.

Die op­sig­ter van die s­kool het gis­ter­og­gend op die ge­de­hi­dreer­de 13-ja­ri­ge seun af­ge­kom waar hy op die vloer van die s­kool se kleed­ka­mers ge­lê het.

Die seun het ver­moe­de­lik in die dak weg­ge­kruip, sê kol. P­ris­cil­la Nai­du, ’n po­li­sie­woord­voer­der in die Oos-Kaap.

Dit is on­be­kend of hy deur die pla­fon ge­val het of uit­ge­klim het en te swak was om ver­der te be­weeg.

Teen gis­ter­mid­dag het die po­li­sie nog nie ’n ge­leent­heid ge­had om die seun te on­der­vra nie.

Hy is Woens­dag­og­gend laas deur sy stief­pa ge­sien wat hom by die s­kool af­ge­laai het. Toe sy stief­pa hom om­streeks 13:30 by die s­kool wou op­laai, was die seun skoon­veld.

Nai­du sê die fa­mi­lie het aan­vank­lik self na die seun ge­soek en hom Vry­dag as ver­mis aan­ge­meld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.