In­bre­kers gryp wors, bief­stuk en vis­vin­gers

Die Burger - - 1 - Ja­na B­rey­ten­bach

’n Pak wors, ’n paar stuk­ke bief­stuk en vis­vin­gers. Dit was van die ar­ti­kels wat glo Dins­dag­og­gend saam met an­der goe­de­re uit ’n huis in Mui­zen­berg ge­steel is.

Kol. An­drè Traut, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, sê le­de van die blits­pa­trol­lie is ont­bied na ’n huis wat be­roof is.

Toe hul­le daar aan­kom, het die ver­dag­tes in ’n voer­tuig weg­ge­jaag.

Die po­li­sie het hul­le ag­ter­na­ge­sit en in S­trand­fon­tein voor­ge­keer.

Traut het ge­sê die ar­ti­kels wat uit die huis ge­steel is, is in hul be­sit ge­vind. Daar was ook ’n te­le­vi­sie, ’n mi­kro­golf­oond, ’n paar skoe­ne, ’n haar­dro­ër en ’n gas­ver­war­mer on­der die ge­steel­de goe­de­re. Die waar­de van al­les word op so­wat R200 000 ge­raam.

Die Toyo­ta Ver­so waar­in hul­le weg­ge­jaag het, is die vo­ri­ge dag in Athlo­ne ge­kaap.

Traut het ge­sê die vyf ver­dag­tes van tus­sen 18 en 24 jaar sal in die land­dros­hof in Mit­chells Plain ver­skyn so­dra hul­le amp­te­lik aan­ge­kla word.

Van die ge­steel­de goe­de­re het ’n mi­kro­golf­oond en ’n haar­dro­ër in­ge­sluit.

Die voer­tuig wat Maan­dag ge­kaap is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.