Só lyk ge­mid­del­de sa­la­ris te mid­de van Co­vid-19

Die Burger - - 12 - – Han­lie S­tad­ler

Die ge­mid­del­de ver­goe­ding wat men­se in die for­me­le sek­tor in Ju­nie ver­dien het, het in die twee­de kwar­taal met 4,2% ge­daal.

Die ge­mid­del­de ver­goe­ding was in dié maand R21 455, teen­oor R22 395 in Fe­bru­a­rie.

Dit is 1,6% min­der as ’n jaar ge­le­de.

Die da­ling is baie min­der in­gry­pend as wat ver­wag sou word ge­ge­we dat dui­sen­de werk­ne­mers op die be­perk­te uit­be­ta­lings van die Wer­k­loos­heids­ver­se­ke­rings­fonds se Co­vid-19-Ters staat­ge­maak het toe hul­le ty­dens die staat van in­per­king nie kon werk nie.

Ver­skeie on­der­ne­mings het ook werk­ne­mers se sa­la­ris­se met tot 30% be­snoei.

Al­te­sa­me het die bru­to ver­goe­ding wat aan al 9,6 mil­joen werk­ne­mers in die for­me­le sek­tor be­taal is, met 11,3% tot R647,2 mil­jard ge­daal.

Dit is ook 9% min­der as in Ju­nie 2019.

Dié sy­fers sluit bo­nus­se en oor­tyd­be­ta­ling in.

Net ba­sie­se lo­ne en sa­la­ris­se het se­dert Maart met 9,9% tot R601 mil­jard ge­daal en is ook 8,1% min­der as ’n jaar ge­le­de.

Bo­nus­se en oor­tyd het van kwar­taal tot kwar­taal met 26,2% tot R46,2 mil­jard ge­daal.

Dit is ook 19,6% min­der as ’n jaar ge­le­de.

Ver­voer is die e­nig­ste be­dryf waar­in bo­nus­se en oor­tyd­be­ta­lings toe­ge­neem het.

Die sy­fers kom uit Sta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka se kwar­taal­lik­se indiensnem­ingspeilin­g (QES).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.