District Mail

Reuk van aan­valler ‘walg’ slagof­fer van rooftog

- Tr­ish Goosen Breyten Cupido Entertainment · Syria · Namibia · Sweden

VRE­DEN­BURG – Ges­laan, gewurg en met ’n mes ges­teek.

Fiona Vis­agie (52) is Sa­ter­dag 18 Julie in ’n gewapende rooftog by ’n meubel­winkel in Vre­den­burg aangeval.

Sy het van­deesweek haar trau­matiese er­var­ing met Wes­lan­der gedeel en beskryf hoe die gebeurte­nis haar sielkundig en emo­sioneel raak.

Fiona ver­tel vier mans het die oggend van die rooftog net ná oop­maak­tyd by die winkel in Hoof­s­traat in­gekom. Haar kol­lega was by die deur en het die mans gevra om hul hande te ontsmet en die Covid 19-regis­ter te teken. Die mans het netjiese klere aange­had en het gesig­maskers, soos die Covid-19-reg­u­lasies vereis, gedra. Fiona kon uit die gesprek aflei dat die mans beswaar gemaak het om die regis­ter in te vul. Een van hulle het toe uitein­de­lik geteken, maar vol­gens Fiona het sy en haar kol­lega ná die voor­val be­sef “sy hand­skrif is heel­temal on­lees­baar”.

Uit die bloute het een van die mans – Fiona skat hom so in die vroeë 40 – met ’n vu­ur­wapen na haar toe gekom en gevra waar die geld gebêre word.

Sy wou nog ver­duide­lik dat die kluis leeg is, want die winkel het pas eers geopen, toe hy haar be­gin aan­val.

Hy het haar ges­laan, rondgeruk, gewurg en die vu­ur­wapen teen haar kop gedruk. Sy is ook met ’n mes in die sy ges­teek, maar het eers later daar­van be­wus ger­aak. In die struwel­ing het

Fiona met haar een hand tev­ergeefs na die paniek­knop­pie gesoek, maar dit nie raakgevat nie.

“Ek het gedink hy gaan my op die plek doo­d­maak,” ver­tel sy.

“En ter­wyl hy my aan­rand, het hy sy jonger vriende nader geroep, so asof hy vir hulle wou wys hoe dit ge­doen word.”

Fiona het die kluis se sleu­tel aan haar aan­valler gegee, maar ge­weet die row­ers sal dit leeg vind.

Een van die an­der mans het ook ’n ski­et­d­ing by hom gehad en die an­der twee mans was met messe gewapen.

Die row­ers het daarop aangedring dat die vroue hulle na die kluis neem.

Fiona en haar kol­lega het in die rigt­ing van die kom­buis gestap met die gewapende mans kort op hul hakke.

Fiona se oë was in die kom­buis net op die agter­ste skuifdeur. Sy was doo­d­bang dat sy geskiet sal word, maar het tog besluit om haar kans te waag om te vlug. Sy het by die deur na buite geglip, wegge­hard­loop en in ’n toi­let wat deur die per­son­eel van twee an­der winkels in die gebou ge­bruik word, gaan wegkruip.

Haar asem het ge­jaag en sy was doo­d­bang, maar sy sê sy het nog nooit in haar lewe so stil­ge­sit soos in daardie toi­let nie. “Ek het haar (kol­lega) na my hoor roep. Ek het ge­weet die row­ers het saam met haar uit­gekom en na my gesoek. Ek het nie geant­wo­ord nie.”

Sy het meteens be­wus ger­aak van die nat­tigheid on­der haar klere. Sy het haar hand on­der haar bloes in­ges­teek en gevoel hoe sy erg bloei.

Heel­wat later het haar kol­lega weer geroep – dié keer met die nuus dat die mans weg is. Fiona was steeds nie seker of dit veilig is nie en het nog 20 minute gewag vo­or­dat sy uit die toi­let gekom het.

Sy het haar trui by die hos­pi­taal uit­ge­trek, want sy kon haar aan­valler daaraan ruik en die reuk het haar “gewalg”. Sy het slegs ’n vleeswond opge­doen, wat met vyf steke geheg is.

“Die dok­ter het gesê ek is gelukkig dat my long nie raakges­teek is nie,” ver­tel sy.

Haar nek is vol blou kolle en die vel voel steeds teer.

Die groot­ste skade is egter die soort wat ’n mens nie kan sien nie. Fiona erken dat sy erg deur die er­var­ing ge­trau­ma­tiseer is. Sy kan nie slaap nie en sê sy raak vrees­be­vange as sy mans op straat wat net ef­fens soos haar aan­valler lyk, in haar rigt­ing sien loop.

Fiona het ’n paar dae by die huis aangesterk en is voorverled­e week saam met die speur­der wat die rooftog on­der­soek, die eerste keer sedert die voor­val na haar werk­splek.

Sy het be­wend be­gin huil toe sy by die winkel in­stap.

“Ek sal met ’n be­rader gaan praat. Ek weet nie of ek gou hi­eroor sal kom nie. Ek sal nie weer die­selfde wees as voorheen nie. Ek het nou soveel meer em­patie met an­der mense wat deur soorge­lyke er­var­ings as ek is. ’n Mens be­sef nie hoe so iets jou kan raak vo­or­dat dit met jou self gebeur nie.”

Fiona wil graag hê ’n vei­lighei­dswag moet by die winkel aanges­tel word en het verlede week met ’n swaar gemoed weer werk toe gegaan.

Afrifo­rum se bu­urt­wagte in Raw­sonville en Worces­ter het Vryda­gaand (31 Julie) om­streeks 19:00 ’n vei­lighei­ds­be­wus­mak­ingsveld­tog van stapel ges­tuur om die gemeen­skap aan te moedig om self ve­r­ant­wo­orde­likheid te neem vir hul vei­ligheid.

Stan­dard het die op­tog byge­woon en talle in­won­ers van Raw­sonville het buite hul huise gekyk na die nage­noeg 120 vo­er­tuie. Thomas van Dalen, AfriFo­rum se suide­like streekhoof van gemeen­skapsvei­ligheid, sê die hoof­doel van die pa­trol­lie was ver­hoogde sig­baarheid in en om Raw­sonville.

“Daar was die afge­lope paar weke ’n ongek­ende vlaag van mis­daad wat skielik weer, ná die af­grader­ing van die in­perk­ing na vlak vier, plaas­gevind het,” ver­tel Nico Harmse, leier van die Raw­sonville­bu­urt­wag.

’n Reusekon­vooi het uit Worces­ter na Raw­sonville vertrek met hul sirenes en ligte.

Vei­lighei­d­srol­spel­ers soos die polisie, Pri­or­ity Care-am­bu­lans­di­ens, Cap­i­tal-, asook AC-sek­er­hei­ds­di­en­ste, die plaaswagte van Raw­sonville, Slanghoek en Over­hex het deel­ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa