District Mail

Maskers maak dit moei­lik vir dowes om te ‘hoor’

- Va­lerie Nie­mann, WESKUS Entertainment

Die laaste paar dae het ek te doen gehad met mense wat nie meer die or­dent­likheid, re­spek of geduld het om my te laat “hoor” nie.

Die sek­er­hei­ds­beampte staan al hoe nader. Nou vra ek jou met my masker waarop duide­lik staan “I’m deaf” hoe help jy my en talle an­der dowes om te ver­staan?

Watse moeite doen jy? Ons ben­odig ook jou fan­tastiese gead­ver­teerde di­ens, maar kry dit nie en raai wat doen ek, draai om en stap weg.

Ek wil graag net hê mense moet be­sef ons dowes lees lippe en die masker maak dit moei­lik. Dus vra ek net help ons om te kan “hoor” deur dit neer te skryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa