Hospitaal dra pa se belange op die hart
Op 4 Junie is my pa, Rudolf Royden Schulz, in Worcester-hospitaal (voorheen Eben Dönges) met Covid-19 opgeneem.
Hiermee wil ons graag die mediese personeel bedank wat ons pa versorg het gedurende sy stryd van twee maande.
Te alle tye was dit geen moeite vir die verpleegsorg en dokters om ons ingelig te hou oor sy vordering nie – al die oproepe en video-oproepe om sy moed hoog te hou terwyl hy in die intensiewesorgeenheid was.
Ons wil spesiaal dankie se aan dr. Buckle. Hy het seker gemaak dat ons pa elke dag die koerant ontvang en het die nodige toiletware ook verskaf. Vir die kere wat ons pa dokters Buckle en Nash se selfone kon gebruik om ons te kontak, baie dankie. Nogmaals ’n spesiale dankie aan al die onbekende dokters en verpleërs wat ons pa se verblyf so spesiaal en gemaklik moontlik gemaak het.
Dankie aan Lorisa, die fisioterapeut, vir al jou geduld en goedhartigheid en die video-oproep waarin jy ons ingelig het hoe goed ons pa vorder met sy stap.
Worcester-hospitaal dra hul pasiënte na aan hul hart. Ons is oorweldig as ’n familie oor al die liefde, gebed en ondersteuning wat ons ontvang het met die herstel van ons pa van Covid-19. Welgedaan, pa, ons vier 12 Augustus jou 78ste verjaarsdag! Vir ewig dankbaar aan al die personeel.
Ek wil graag vir Willem en sy span by Golden Rewards Hermanus van harte bedank vir die uitstekende diens wat hy gelewer het om my wasmasjien te herstel toe ek al moed opgegee het. Baie dankie. – Fran Jordaan
Hiermee wil ons net ’n klop op die skouer gee vir Terina, Jonty en Jared van AC Security vir hul vriendelike en professionele diens gelewer. – Johan en Linda Botha (Worcester)
■ Sê jou sê: SMS 34426 of e-pos info@worcesterstandard.com