Back-aBoishaaier help graag
Om balle in die lug te hou en vure dood te slaan – dis al wat skole in die Covid-19pandemie moet doen om uitdagings in hierdie ongekende tydperk die hoof te bied.
Week ná week hoor ouers en leerders van iemand in die gemeenskap of by ’n skool wat die virus opgedoen het.
Vrees en onsekerheid heers tesame met al die nuwe druk wat leerders en ouers ervaar.
Gelukkig kan die HJS-gemeenskap, benewens die breër akademiese- en nieakademiese personeel, ook op Mari Nel, een van die sekretaresses en lid van die bemarkingspan, staatmaak.
Mari het in 2009 as sekretaresse by Boishaai begin en skerts haar claim-tofame
is dat sy in Frans Malherbe, HJS se geliefde Springbok, se matriekjaar begin het.
By ontvangs hanteer sy en haar kollega al die leerders en hul ouers se uitdagings, goeienuusoomblikke en soms ook hartseer. Sy is ook die HJS se skakel na die gemeenskap waar hulle die nood aandurf.
“Ons het leerders met die tydelike opskorting van skole bygestaan met datakostes wat deur die Back-aBoishaaier-fonds moontlik gemaak is. Hierdie fonds is in 2019 gestig om ons eie seuns, ingevolge spesifieke behoeftes, by te staan en dit word deur die bemarkingsafdeling bedryf,” sê Mari, wat ook as die “ma-figuur” by HJS bekend staan.
Sy het midde die inperking besef baie van hul leerders is nie altyd van ’n maaltyd verseker nie en hulle het besluit om die Back-a-Boishaaierprojek uit te brei om ook kruideniersware aan hierdie leerders en hul gesinne uit te deel.
“’n Mens hanteer maar net die kinders soos jou eie. Ek sou ook nie wou sien dat my kinders nie data en kos in hierdie tyd het nie. So, hierdie 910 is maar net soos ons eie kinders,” laat sy hoor. Volgens Derek Swart, die skoolhoof, is hulle dankbaar vir elke HJS-ondersteuner wat op hierdie manier “help om die wêreld ’n beter plek te maak”.