District Mail

Covid-19 laat suur smaak

- Tam­syn Jan­tjies Entertainment · Chris du Toit · Namibia

Die wyn­plase in Wolseley voel die druk.

Hoewel bin­nelandse verkope van alko­hol ver­bied is, voer baie wyn­plase wyn uit. “Dit is egter nie so veel soos wat dit voor die pan­demie was nie. Ons is wel gelukkig ge­noeg om al ons werk­ers aan te hou,” sê Botha-kelder se be­marker, Christal Meir­ing.

By Bergsig staan dinge egter nou stil. “Ons het ons per­son­eel in die kelder van 31 tot 13 ver­min­der, maar hulle het die op­sie om terug te keer wan­neer die ver­bod op alko­holverkope gelig is. Hulle werk tans in die wingerd,” ver­duide­lik Chris du Toit, die wyn­maker.

Jo­han Del­port, kelderbest­u­ur­der van Waverly Hills, sê dié kelder se res­tau­rant is oop en hulle verkoop hul olyf­pro­dukte. Dié plaas het glo al hul werk­ers ty­dens die pan­demie be­hou. Del­port is ook baie opge­wonde oor

Waver­ley Hills die eerste marse­lan in Suid-Afrika gaan bek­end stel.

“Hierdie pro­jek het ek tien jaar gelede be­gin en ek is baie opge­wonde oor die eerste oes wat ons later gaan bot­tel en ver­sprei.”

Jo­han Schwartz, bestu­ur­der van Moun­tain Ridge, meen hierdie ver­bod is ’n groot uitdag­ing, “maar dit help ook nie om negatief te wees nie. Dit het my ook die geleen­theid gegee om na planne vir die toekoms te kyk en om meer voete op die plaas te kry”, sê Schwartz.

Pa­trick Pols, eien­aar van die Seven Oaks-wyn­plaas, sê voor die tweede ver­bod op alko­hol was hul verkope uit­stek­end.

“Ons het ook baie be­sprek­ings voor die tweede ver­bod gehad, maar tans is ons bekom­merd oor die mas­sawyn­verkope, ek dink dis ’n groot kom­mer vir baie wyn­mak­ers in die SuidAfrika­anse en Europese mark.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa