Dankie aan almal vir hulp
Die Covid-19-pandemie het die wêreld en sy mense op hol gejaag. gestel is om kos, kruideniersware ensovoorts uit te deel.
Meals on Wheels wat tot laat die aand kos aangery het en altyd vriendelik en behulpsaam is. Dankie vir die mense wat deur hul naastediens dit moontlik gemaak het om ons te voorsien van ’n bord kos.
Daar is ander ook wat op ’n stil, ordelike manier naastediens gelewer het. Dankie ook aan julle.
Ek het gesien en beleef hoe die beste in mense na vore gekom het met Covid19. Daar is groot dankbaarheid in my hart teenoor al hierdie samaritane wat die lewe makliker gemaak het vir hul medemens.
Ek hoop en bid dat ons weer sal terugkeer na ’n lewe wat normaal is – wat dit ook al mag beteken vir elkeen.