Wen dié lekkerleesboeke
Een leser van Boland Mediakoerante kan boeke vir die jongspan wen wat by hul huis afgelewer sal word.
Die bundel bestaan uit die klassieke, tydlose kinderverhale van Trompie en Saartjie (Omnibus 8) asook die meer onlangse, Dagboek van ’n Dork, Stories van nie so ’n fantastiese lewe en Stories van nie so ’n gewilde partytjiepop. Al die boeke word deur Human & Rousseau Uitgewers uitgegee.
Hierdie boeke is net die ding om die jongspan aan die lees te kry. Om ’n kans te hê om die boeke te wen, SMS of WhatsApp die antwoord van die volgende vraag, saam met jou naam, na 066 484 3728: Wie is die uitgewer van hierdie boeke?
● Inskrywings sluit Maandag 17 Augustus en die wenner sal per foon gekontak word.