‘Die ver­bod op tabakpro­dukte ’n klomp twak’

District Mail - - PLAASLIKE NUUS BRIEWE LETTERS - Ken McIn­tyre

Eer­gis­ter se af­skaal van die in­perk­ing na vlak 2 is seker vir talle lesers ’n ligstraal.

Dis ve­ral verbly­dende nuus vir diegene wat sigarette of drank aan­skaf. ’n Mens hoef nie meer oor jou sk­ouer te loer wan­neer jy tabakpro­dukte of alko­hol koop nie.

Die een se brood is egter die an­der se dood. Die nuwe in­perk­ingsreg­u­lasies beteken die einde van sigaret- en dranksmokk­e­laars se wins­be­jag.

Al prob­leem nou is dat geweten­lose verkop­ers ou voor­raad, wat reeds van Maart in ’n stoor was, aan Jan en Alle­man kan verkoop. Geen pakkie sigarette – wet­tig of on­wet­tig – het ’n ver­val­da­tum nie, wat ver­staan­baar is.

Die ver­bod op tabakpro­dukte was in elk geval ’n klomp twak. Al ver­skil is dat ’n ro­ker nou weer sy gun­stel­ing­han­del­snaam teen ron­dom R40 vir ’n pakkie van 20 wet­tig oor die toon­bank kan koop.

Een ro­ker het die sigarette wat ty­dens die in­perk­ing beskik­baar was as vlo­erveegsels beskryf. En die prys wat by R150 vir ’n pakkie van 20 gedraai het.

Die jaar 2020 word as die sleg­ste jaar in mens se heuge­nis beskryf.

Dis beslis een van die vreemd­ste. Neem die afge­lope lang­naweek as voor­beeld.

Aan­ge­sien in­traprovin­siale reise weer die groen lig gekry het, kon ek en vroulief uitein­de­lik by my suster aan die Weskus gaan kuier. Weens die in­perk­ingsreg­u­lasies moes ons egter teen nage­noeg R2 000 vir drie nagte in ’n gaste­huis gaan bly.

Die gaste­huis is drie huise van my suster se won­ing, wat ons niks sou gekos het nie.

Verder kon ons drie by ’n restau­rant bymekaarko­m, maar nie by haar aan huis nie. Aan­ge­sien ons on­seker was oor die huidige stand van sake wat die be­soek aan strande be­tref, het ons maar liewer ons voete droog gehou.

En dit ter­wyl ons in “nor­male” jare heer­lik op ’n bankie op die strand gesit en kuier het.

Ja, 2020 het beslis ons roetines omverge­gooi en ons laat be­sef dat ons nie die toekoms kan voor­spel nie. Wan­neer mense 2020 as die erg­ste, sleg­ste jaar ooit beskryf, be­doel hulle baie dinge, wat soos ver­skil­lende kleure hekel­gar­ing in­mekaar gev­leg is. Die hart­seer van fam­i­lie of vriende wat oorlede is, die ekonomiese ver­woest­ing, die skole wat ges­luit is, die ko­r­rup­sie en wanbestuur.

In verlede Don­derdag se rubriek, Post Scrip­tum, beskryf Lise Bey­ers 23 Maart as die dag wat al­tyd as die ver­doem­ings­dag bek­end sal staan. Dis die dag waarop die in­perk­ing aangekondi­g is.

Ek wil 17 Au­gus­tus beskryf as die verligt­ings­dag. Dis die dag waarop ons, ver­sigtig op­ti­misties, kan uit­sien na ’n lewe wat weer na nor­maal kan terug­keer.

Daar is nog 19 weke oor tot Don­derdag 31 De­sem­ber. Mag vandag die be­gin van ’n mooier, beter en meer vreugde­volle jaar wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.