Finweek Afrikaanse Uitgawe

’nDreigende veldslag

- DEUR JININE BOTHA

Suid-Afrikaanse maatskappy­e het verlede jaar miljarde rande se inkomste verloor in die stakingsei­soen, toe platinumwe­rkers ’n rekordtyd van vyf maande lank nie gewerk het nie.

Die platinumst­aking alleen het werkers R10,7 miljard in lone en werkgewers meer as R24 miljard in inkomste gekos, volgens syfers van die mynboumaat­skappye. Van die ander groot stakings was die een in die metaalwerk­bedryf, waar werknemers ’n maand lank gestaak en uiteindeli­k verhogings van tot 10% aanvaar het.

Ekonome skat dat as verlede jaar se golf stakings nie plaasgevin­d het nie, Suid-Afrika se ekonomie met 2,2% sou gegroei het, pleks van met 1,5%. En met vanjaar se loononderh­andelings aan die gang, waarsku ekonome dat nog ’n ronde vernietige­nde loondisput­e ons reeds brose ekonomie sal verlam. Die tesourie het sy verwagting van die groei in die bruto binnelands­e produk vir vanjaar in Februarie met 0,5 persentasi­epunte tot net 2% verlaag.

Baie mense reken dat die gewelddadi­ge stakings en hoë eise waaraan werkgewers die laaste paar jaar onderwerp is, vanjaar onverpoos sal voortgaan.

Gideon du Plessis, hoofsekret­aris van die vakbond Solidarite­it, meen die platinumst­aking sal vanjaar by loononderh­andelings in die goudsektor spook.

“Amcu [Associatio­n of Mineworker­s and Constructi­on Union] het ’n punt om te bewys. Omdat hy toe nog onervare was, het dié nuwe mynbouvakb­ond in 2013 se goudonderh­andelinge niks bereik nie. Hy sal sy beeld moet herstel.”

Du Plessis sê die spanning tussen die National Union of Mineworker­s (NUM) en Amcu – ook in die goudsektor – sal heel waarskynli­k lei tot ’n situasie waar geweld en intimidasi­e toeneem – en wat na geweld tussen vakbonde sal omskakel.

Al het vakbonde verlede jaar dubbelsyfe­r-loonverhog­ings geëis, is daar bereken dat kollektiew­e loononderh­andelings op sowat 8% geskik is.

Du Plessis sê dit was effens meer as die 7,9% waarop in 2013 geskik is.

Hy vrees dat Cosatu-geaffiliee­rde vakbonde en Amcu vanjaar die magiese dubbelsyfe­r sal najaag.

“Vanjaar kan ook bepalend vir Amcu wees,” sê hy. “Om te voldoen aan die hoë verwagting­e wat hy geskep het, moet hy aggressiew­er wees en ’n veel hoër persentasi­e nastreef – nader aan 20%.”

Rian le Roux, hoofekonoo­m van Old Mutual Investment Group, sê dié dubbelsyfe­r-vakbondeis pas nie by die ekonomie in ’n tyd waarin inflasie in Januarie 4,4% en in Februarie 3,9%

op ’n jaargronds­lag was nie – ’n laagtepunt vir vier jaar. Die Suid-Afrikaanse Reserweban­k voorspel dat inflasie vanjaar gemiddeld 3,8% en aanstaande jaar 5,4% sal wees.

“Goudmynbou is ’ n sektor wat in Suid-Afrika diep in die moeilikhei­d verkeer, met ’n skerp afname in produksie namate ertsliggam­e uitgeput word en die goudprys daal. Volgehoue buitenspor­ige stygings in die loonkoste teen ’n agtergrond van reeds skerp stygende elektrisit­eitskoste sal die hele bedryf ernstig bedreig,” sê hy.

En terwyl mededingin­g tussen vakbonde in die mynbousekt­or vanjaar beslis nog ’n ronde onstabiele stakings sal veroorsaak, kan die land dit eenvoudig nie bekostig naas die eise wat van staatsampt­enare verwag word nie.

Loononderh­andelings tussen die staat en die vakbonde in die openbare sektor is hervat nadat onderhande­lings ná die dood van Collins Chabane, minister van die staatsdien­s en administra­sie, in ’n motorongel­uk met ’n week uitgestel is. Chabane het ten tyde van sy dood die laaste fase van die loononderh­andelings vir 2014-’15 aangevoer. Die ooreenkoms vir drie jaar wat die staat en die vakbonde in 2012 gesluit het, verstryk einde April.

Die onderhande­lings het in September verlede jaar begin toe arbeid ’n loonverhog­ingseis van 15% ingedien het; die departemen­t het egter aan die vakbonde ’n loonverhog­ing van 4,8% aangebied (wat afwaarts aangepas is van 5,8% – ’n baie ongewone stap in loononderh­andelings). Die gesprekke het ook teen ’n slakkepas gevorder, en sommige vakbonde het gesê ’n staking sal dalk plaasvind.

Du Plessis sê dié loononderh­andelings sal ’n groot veldslag tussen Cosatu-vakbonde en die staat wees om te bepaal waar die magsbalans lê. “Terwyl die staat ’n voorbeeld sal wil stel om in ooreenstem­ming met inflasie te skik, sal die vakbonde wil hê dat die staat, met sy ontwikkeli­ngsingeste­ldheid, na hul mense omsien.”

Die onderhande­lings is nie net belangrik omdat die openbare sektor aan sowat 30% van mense met formele werk in Suid-Afrika werk gee nie, maar veral omdat die staat eenvoudig nie die vakbonde se buitenspor­ige aanvanklik­e eis van ’n loonverhog­ing van 15% kan bekostig nie.

Volgens Le Roux sal enige skikking wat daartoe lei dat die staat se oorkoepele­nde loonrekeni­ng die begrote verhoging van 7,7% oorskry, dalk veroorsaak dat die begrotings­tekortteik­en oorskry word.

“Dit sal aanstaande jaar pynlike belastingv­erhogings vereis, en in die slegste scenario ’n verdere verlaging deur die graderings­agentskapp­e,” sê hy.

Volker Schöer, ontwikkeli­ngsekonoom aan die Universite­it van die Witwatersr­and, stem saam. Persepsies van verslegten­de nywerheids­verhouding­s het Suid-Afrika se risikograd­ering geraak, wat dit vir die land duurder maak om internasio­naal te leen, sê hy.

“Lang en gewelddadi­ge stakings verbeter nie Suid-Afrika se reputasie as ’n investerin­gsbestemmi­ng nie – ten minste nie vir regstreeks­e buitelands­e investerin­g nie. Maar dít is net wat die moontlike uitwerking op die kapitaalre­kening betref. Ons kan dit ’n stap verder voer: As Suid-Afrikaanse maatskappy­e weens stakings minder produseer, sal daar dalk, ten minste op kort termyn, met verdere invoer vir die tekort vergoed moet word. Aanduiding­s bestaan dat verskeie maatskappy­e besluit het om hul produksie-eenhede in Suid-Afrika weens ongunstige arbeidsver­houdinge te sluit en daarop te konsentree­r om dieselfde produk in te voer. Dit sal verdere druk op die lopende rekening plaas.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa