Di­gi­ta­le era: Sko­le moet aan­pas

As men­se teen kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie moet mee­ding vir werks­ge­leent­he­de, sal die on­der­wys moet ver­an­der om sag­te vaar­dig­he­de, pro­bleem-op­los­sing en le­wens­lan­ge leer te be­na­druk.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud -

daar is toe­ne­mend kon­sen­sus dat na­ma­te werk meer ge­ou­to­ma­ti­seerd raak en die ge­bruik van kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie al hoe meer al­ge­meen raak, on­der­wys­stel­sels drin­gend wê­reld­wyd ge­mo­der­ni­seer moet word. Ny­wer­heids­ont­wrig­ting neem baie vin­ni­ger as voor­heen toe en vol­gens die dink­skrum, Mckin­sey Glo­bal In­s­ti­tu­te, kan die helf­te van al­le werk teen 2055 ge­ou­to­ma­ti­seer wees na­ma­te ro­bot­te leer hoe om die werk van be­roeps­lui te doen.

Vol­gens tal­le des­kun­di­ges is sko­le be­sig om leer­lin­ge te leer om oor­tol­lig te wees om­dat ver­ou­der­de on­der­rig­me­to­des hul­le op vaar­dig­he­de toe­spits wat nie meer no­dig is nie en op ta­ke wat ma­sjie­ne be­ter kan ver­rig. Dit is wat in an­der ny­wer­heids­om­wen­te­lin­ge ge­beur het, maar die ver­an­de­rin­ge wat nou no­dig is, is meer in­gry­pend – men­se moet so­veel moont­lik van ma­sjie­ne be­gin ver­skil.

“Ons on­der­wys­stel­sel is ge­brek­kig,” het S­te­pha­ne Kas­riel, uit­voe­ren­de hoof van Up­work, ’n in­ter­na­si­o­na­le vry­skut­plat­form, in De­sem­ber in ’n me­ning­stuk vir die Wê­reld- E­ko­no­mie­se Fo­rum (WEF) ge­skryf. “Die i­dee dat jy wis­kun­de, na­tuur­we­ten­skap en kuns in jou jeug as ver­skil­len­de dis­si­pli­nes stu­deer en dan werk om probleme van die werk­li­ke wê­reld in die he­den­daag­se e­ko­no­mie op te los, maak nie sin nie. Om stu­den­te vir die werk van mo­re voor te be­rei, be­te­ken die si­lo’s moet met on­der­rig af­ge­breek word.”

Maar hy glo nie dat daar in die toe­koms ’n te­kort aan werk­ge­leent­he­de gaan wees nie – hy glo eer­der dat daar ’n te­kort aan vaar­dig­he­de gaan wees om die werk­ge­leent­he­de te vul. “In 2018 moet ons uit­ein­de­lik be­sef dat dit nie meer ’n ge­val is van die mens teen die ma­sjien nie, maar eer­der die mens en die ma­sjien wat saam­werk om die wê­reld se probleme op te los,” het hy ge­skryf.

Wat­ter vaar­dig­he­de moet die mens dan aan­leer? Op­voe­ders en sa­ke­lei­ers meen dat sag­te vaar­dig­he­de nood­saak­lik is, en in­di­vi­due moet hul­le voor­be­rei vir ’n leef­tyd van leer. Men­se moet ook ge­mo­ti­veerd, aan­pas­baar en in staat wees om on­af­hank­lik te werk na­ma­te tra­di­si­o­ne­le werk ver­dwyn. Op die oom­blik be­staan meer as ’n der­de van die A­me­ri­kaan­se ar­beids­mag uit vry­skut­wer­kers, en ge­grond op hui­di­ge sy­fers sal meer as die helf­te van hul­le teen 2027 vry­skut­werk doen.

“Al­les wat roe­ti­ne of her­ha­lend van aard is, sal ge­ou­to­ma­ti­seer word,” het Mi­nou­che S­ha­fik, die di­rek­teur van die Lon­don S­chool of E­co­no­mi­cs, vroe­ër van­jaar by die WEF in Da­vos ge­sê. “Daar is ’n be­hoef­te aan sag­te vaar­dig­he­de, skep­pen­de vaar­dig­he­de – die ver­moë om in­lig­ting te vind, dit te sin­te­ti­seer en iets daar­van te maak.”

As­heesh Ad­va­ni, p­re­si­dent van die jeug­or­ga­ni­sa­sie JA Wor­ld­wi­de, het in ’n We­f­ar­ti­kel ge­skryf: “Dit is nie een­vou­dig ’n ge­val van om ko­de­rings­klas­se vir kin­ders of her­op­lei­dings­pro­gram­me vir werk­lo­ses aan te bied nie. Sag­te vaar­dig­he­de is nood­saak­lik om die ga­ping te vul.”

Wat pre­sies is dié vaar­dig­he­de? Vol­gens die A­sia So­cie­ty is daar se­we sag­te vaar­dig­he­de wat no­dig is in­dien jong men­se aan­pas­ba­re vol­was­se­nes gaan word: kri­tie­se den­ke en pro­bleem-op­los­sing; sa­me­wer­king en lei­ding deur in­vloed; buig­saam­heid en aan­pas­baar­heid; i­ni­si­a­tief en en­tre­pre­neur­skap; goeie mon­de­ling­se en ge­skre­we kom­mu­ni­ka­sie­vaar­dig­he­de; die ver­moë om in­lig­ting te be­kom en te ont­leed; en nuus­kie­rig­heid en ver­beel­dings­krag.

C­har­les Fa­del, die Cen­ter for Cur­ri­cu­lum Re­de­sign se stig­ter, meen dat sko­le wê­reld­wyd hul leer­plan­ne aan­pas, maar dit “nooit her­ont­werp het om ken­nis, vaar­dig­he­de, ka­rak­ter en me­ta-op­lei­ding in te sluit nie”. Me­ta-op­lei­ding is in we­se dat jy be­wus is van en be­heer uit­oe­fen oor jou op­lei­ding.

Tra­di­si­o­ne­le on­der­wys doen min om die mees­te van dié vaar­dig­he­de te ont­wik­kel en bly toe­ge­spits op on­der­wys wat op ken­nis en ’n streng na­ko­ming van die re­ëls be­rus. Die be­na­de­ring van pro­gres­sie­we sko­le word as toe­pas­li­ker vir die he­den­daag­se wê­reld be­skou – die na­tuur­li­ke e­ner­gie en nuus­kie­rig­heid van kin­ders word aan­ge­wend om leer aan te moe­dig deur mid­del van meer spe­le­tjies, min­der tuis­werk en geen for­me­le toet­se nie.

Fin­land se om­vat­ten­de skool­stel­sel oor­heers Eu­ro­pa se gra­de­ring­stel­sel al by­kans twee de­ka­des lank en is ’n goeie voor­beeld van die suk­ses van pro­gres­sie­we on­der­wys. Fin­se leer­lin­ge vaar goed in die Pro­gram vir In­ter­na­si­o­na­le Stu­den­te-e­va­lu­e­ring (Pi­sa) wat deur die

Or­ga­ni­sa­sie vir E­ko­no­mie­se Sa­me­wer­king en Ont­wik­ke­ling (Oe­so) ont­wik­kel is en wat we­ten­skap, wis­kun­de, lees, sa­me­wer­king en pro­bleem-op­los­sing dek.

Die ge­bruik van teg­no­lo­gie om die on­der­wys te ver­be­ter, het be­lang­rik ge­word en be­leg­gings hier­in sal na ver­wag­ting teen 2020 $252 mil­jard be­reik. In­no­ve­ren­de sko­le ont­wik­kel teg­nie­ke wat teg­no­lo­gie met ’n pro­gres­sie­wer be­na­de­ring tot leer kom­bi­neer. In New York le­wer ’n skool, Qu­est to Le­arn, wat in 2009 ge­stig is, by­voor­beeld die leer­plan deur mid­del van spe­le­tjies – som­mi­ge di­gi­taal, an­der nie. Dis nog te vroeg om te be­paal, maar stu­den­te het tot dus­ver goed ge­vaar in die e­va­lu­e­ring van hul ver­moë om saam te werk, kri­ties te dink en om be­voegd­he­de van die 21ste eeu te be­mees­ter.

’n Be­na­de­ring is in B­rit­tan­je ont­wik­kel en word “Mant­le of the Ex­pert” ge­noem en moe­dig kin­ders aan om na­vor­sing­span­ne te vorm wat oor tra­di­si­o­ne­le vak­gren­se strek om ’n denk­beel­di­ge taak – soos die be­stuur van ’n hou­er­ha­we of die red van men­se van ’n ramp – op te los.

Die Reg­gio E­mi­li­a­be­na­de­ring, wat in I­ta­lië ont­wik­kel is, laat kin­ders toe om hul eie leer­plan te ont­wik­kel, ge­grond op waar­in hul­le die mees­te be­lang­stel en om vak­ke, waar­mee hul­le in aan­ra­king kom, na te vors met die hulp van hul­le on­der­wy­sers. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Ma­ri­am Isa is ’n vry­skut­joer­na­lis wat in 2000 na Suid-a­fri­ka ge­kom het as die fi­nan­si­ë­le hoof­kor­re­spon­dent vir die Reu­ters-nuus­a­gent­skap na­dat sy in die Mid­de-oos­te, B­rit­tan­je en S­we­de ge­werk het. Sy het haar in 2007 as e­ko­no­mie­se re­dak­teur by Bu­si­ness Day aan­ge­sluit en het in 2014 be­dank om oor ’n bre­ër reeks on­der­wer­pe vir ver­skeie pu­bli­ka­sies in Suid-a­fri­ka en B­rit­tan­je te skryf.

Die na­tuur­li­ke e­ner­gie en nuus­kie­rig­heid van kin­ders word aan­ge­wend om leer aan te moe­dig deur mid­del van meer spe­le­tjies, min­der tuis­werk en geen for­me­le toet­se nie.

S­te­pha­ne Kas­riel Uit­voe­ren­de hoof van Up­work

Mi­nou­che S­ha­fik Di­rek­teur van die Lon­don S­chool of E­co­no­mi­cs

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.