Is dit dié op­los­sing vir ar­moe­de?

Baie men­se sal saam­stem dat ’n voor­spoe­di­ge le­we ge­kop­pel kan word aan din­ge soos toe­gang tot goeie op­voe­ding, werk en in­kom­ste. Die groot vraag­stuk is eg­ter hoe om be­leid te skep wat dié din­ge vir die arm­stes kan ver­be­ter.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Mening -

ont­wik­ke­lings­e­ko­no­me streef daar­na om ’n be­kos­tig­ba­re be­leids­in­gry­ping te i­den­ti­fi­seer wat die arm­stes sal help om aan ar­moe­de te ont­snap. Ons weet dat om ’n lan­ger en be­ter le­we te hê, ge­woon­lik ge­paard­gaan met baie din­ge: ho­ër in­kom­ste om­dat jy ’n werk het, om te leef in ’n huis met skoon wa­ter en sa­ni­ta­sie, en toe­gang tot be­ter s­kool- en ge­sond­heids­ge­rie­we, om maar ’n paar te noem. Die pro­bleem ont­staan wan­neer ons be­leid pro­beer skryf om dié sa­ke te ver­be­ter: wat­ter be­leg­ging, ge­ge­we be­perk­te hulp­bron­ne en po­li­tie­ke be­per­kings, sal kin­ders in arm huis­hou­dings die mees­te tot voor­deel strek? En waar­om?

’n S­tu­die deur ’n span e­ko­no­me en siel­kun­di­ges wat in Maart in The A­me­ri­can E­co­no­mic Re­view ver­skyn het, bied ’n ant­woord. Dit ge­bruik ’n kon­tan­toor­drag­pro­gram in die Gre­at S­moky Moun­tains in Noord-ca­ro­li­na om te on­der­soek hoe kin­ders se uit­koms­te be­ïn­vloed word deur ’n kon­tantin­spui­ting vir ou­ers.

On­der­hou­de is jaar­liks met kin­ders uit 11 dis­trik­te ge­voer van­dat hul­le ne­ge jaar oud was tot en met die ou­der­dom van 16. On­der­hou­de is ter­self­der­tyd met hul­le ou­ers ge­voer. ’n Sub­sek­sie van dié kin­ders is A­me­ri­kaan­se In­di­a­ne. Dié A­me­ri­kaan­se In­di­aan­se ge­sin­ne het vyf jaar ná die eer­ste me­nings­op­na­me di­rek­te kon­tant­be­ta­lings van die C­hero­kee-in­di­a­ne se stam­re­ge­ring be­gin ont­vang dank­sy ’n nu­we ca­si­no wat in be­dryf ge­stel is.

Die kon­tant is be­taal aan al­le vol­was­se le­de van die stam, on­ge­ag hul werk- of hu­we­lik­sta­tus, en of hul­le jong kin­ders ge­had het of nie. Dit is ba­sies ge­lyk­staan­de aan ’n al­ge­me­ne ba­sie­se in­kom­ste­toe­laag.

Om­dat die na­vor­sing aan­vank­lik on­der­neem is met die doel om in­lig­ting oor ge­drags- en gees­tes­ge­sond­heid in te sa­mel, het die ou­teurs baie in­lig­ting tot hul­le be­skik­king oor die kin­ders se e­mo­si­o­ne­le- en ge­drags­ge­sond­heid. Selfs be­lang­ri­ker, die op­na­mes het be­gin voor die in­stel­ling van die on­voor­waar­de­li­ke kon­tan­toor­drag, en hul­le kan dus die gees­tes­ge­sond­heid van kin­ders in ge­sin­ne wat die geld ont­vang het met dié in ge­sin­ne wat dit nooit ont­vang het nie, ver­ge­lyk.

Die re­sul­ta­te is merk­waar­dig. Dit toon dat die toe­na­me in on­voor­waar­de­li­ke huis­hou­de­li­ke in­kom­ste kin­ders se per­soon­lik­heids­ei­en­skap­pe, e­mo­si­o­ne­le ge­sond­heid en ge­drags­ge­sond­heid ver­be­ter. Van­weë die u­nie­ke aard van die da­ta, kan hul­le aan­dui dat die ver­be­te­rin­ge vir die­self­de kind is, met die ge­bruik van die­self­de me­tings oor ’n tyd­perk. Die vor­ming van po­si­tie­we per­soon­lik­heids­ei­en­skap­pe soos pligs­ge­trou­heid (om jou ta­ke ge­trou en deeg­lik te ver­rig) en in­ne­mend­heid (om gaaf, sim­pa­tiek en sa­me­wer­kend te wees), is “kri­tiek in die be­pa­ling van lang­ter­myn- so­sio-e­ko­no­mie­se toe­stan­de en kan ook ’n sterk uit­wer­king hê op lang­ter­myn­ge­sond­heid, on­der­wys­be­rei­king, en e­ko­no­mie­se uit­koms­te”.

Ons weet uit vroe­ë­re na­vor­sing dat gees­tes­ge­sond­heids­toe­stan­de, soos aan­dag­af­lei­baar­heid­sin­droom, meer ge­neig is om ar­mer kin­ders te raak. Die ou­teurs stem saam: “Ons vind dat die kin­ders wat be­gin met die erns­tig­ste per­soon­lik­heid- of ge­drag­s­ag­ter­stan­de dié is wat die groot­ste ver­be­te­rings toon.”

’n Al­ge­me­ne kon­tantin­spui­ting, soos ’n ba­sie­se in­kom­ste­toe­laag, sal waar­skyn­lik die groot­ste im­pak op kin­ders van die arm­ste huis­hou­dings hê, en per­soon­lik­heids­ei­en­skap­pe en ge­sond­heids­uit­koms­te selfs ge­du­ren­de hul­le tie­ner­ja­re ver­be­ter. Sul­ke per­soon­lik­heids­ver­be­te­rings sal ’n groot uit­wer­king hê in hul vol­was­se le­wens. Heel­wat li­te­ra­tuur toon dat sul­ke ei­en­skap­pe sterk aan­dui­dings is daar­van om ’n werk te vind, in ’n goeie buurt te woon en om ’n lan­ger en ge­son­der le­we te ly.

Aan­ge­sien die stu­dies ook vrae oor die ou­ers se ge­sond­heid in­sluit, kon die ou­teurs po­ten­si­ë­le me­ga­nis­mes be­spreek waar­deur by­ko­men­de huis­hou­de­li­ke in­kom­ste kin­ders se per­soon­lik­heids­ei­en­skap­pe be­ïn­vloed. Hul­le be­vind dat die kon­tan­toor­drag­te ge­lei het tot “’n ver­be­te­ring in ou­ers se gees­tes­ge­sond­heid, die ver­hou­ding tus­sen die ou­ers, en die ver­hou­ding tus­sen die ou­ers en kin­ders wat die geld ont­vang het”.

’n Ba­sie­se in­kom­ste­toe­laag kan kin­de­ruit­koms­te op lang ter­myn ver­be­ter deur die ver­be­te­ring in ou­ers se ge­drag, ver­min­de­ring van span­ning, en ver­be­te­rings in be­sluit­ne­ming in die huis­hou­ding.

’n Ba­sie­se in­kom­ste­toe­laag is ’n duur be­leid. ’n Vin­ni­ge be­re­ke­ning toon dat met 56 mil­joen Suid-a­fri­ka­ners, ’n ba­sie­se in­kom­ste­toe­laag van R758 per maand (deur S­tats­sa be­skou as die la­er band van die ar­moe­de-band) jaar­liks R509,4 mil­jard sal kos.

Dis ’n ge­wel­di­ge klomp geld, maar nie on­moont­lik om in die han­de te kry nie. Ons be­stee reeds R193,4 mil­jard aan so­si­a­le be­sker­ming, en nog R66 mil­jard aan so­si­a­le se­ku­ri­teit. Ons span­deer R180 mil­jard aan skuld­be­ta­ling, wat dras­ties ver­min­der kan word as ons ba­tes in staats­be­sit ver­koop en ons skuld af­be­taal.

’n Ba­sie­se in­kom­ste­toe­laag sal ook help om die af­hank­lik­heid van gra­tis staats­diens­te, soos gra­tis skool­on­der­rig, te ver­min­der, en Btw-in­kom­ste laat toe­neem na­ma­te ver­bruik ver­hoog.

’n Ba­sie­se in­kom­ste­toe­laag ver­nie­tig nie net ui­ter­ma­te ar­moe­de met ’n en­ke­le pen­streep nie, maar soos die Gre­at S­moky Moun­tains-s­tu­die toon, kan dit die e­mo­si­o­ne­le wel­syn en ge­drags­ge­sond­heid van kin­ders én ou­ers in ons arm­ste ge­meen­skap­pe dras­ties ver­be­ter, met e­nor­me im­pli­ka­sies vir hul­le toe­koms en vir die land.

As ons erns­tig daar­oor is om die ge­wel­di­ge on­ge­lyk­he­de in Suid-a­fri­ka te ta­kel – on­ge­lyk­he­de wat uit­ein­de­lik ge­meen­skaps­uit­da­gings soos ge­voe­lens van ho­pe­loos­heid, des­pe­raat­heid, mis­daad, ge­weld en selfs po­pu­lis­me help ver­dui­de­lik – is ’n ba­sie­se in­kom­ste­toe­laag ’n be­leid wat ons een­vou­dig nie lan­ger kan be­kos­tig om te ig­no­reer nie. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Jo­han Fou­rie is me­de­pro­fes­sor in e­ko­no­mie aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

56 m . R 7 5 8

’n Ba­sie­se in­kom­ste­toe­laag sal ook help om die af­hank­lik­heid van gra­tis staats­diens­te te ver­min­der en Btw-in­kom­ste laat toe­neem na­ma­te ver­bruik ver­hoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.