R59 mil­jard

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kortliks -

Die sa­ke­man, Chris­to Wiese, ’n groot aan­deel­hou­er in, en voor­ma­li­ge voor­sit­ter van, Steinhoff, het deur mid­del van en­ti­tei­te wat in be­heer van sy fa­mi­lie­trusts is, ei­se ter waar­de van R59 mil­jard teen Steinhoff in­ge­stel, be­rig Mo­ne­y­web. Vol­gens die be­rig, het die be­drag be­trek­king op t­wee ei­se: die tran­sak­sie in 2015 waar­vol­gens Wiese sy be­lang van 52% in Pep­kor aan Steinhoff ver­koop het en die in­skry­wing op aan­de­le wat Wiese aan­ge­gaan het toe Steinhoff ’n ka­pi­taal­ver­kry­ging in 2016 ge­doen het om die ver­kry­ging van Mat­tress Firm in A­me­ri­ka te be­werk­stel­lig. Die Wiese-fa­mi­lie het Pep­kor in 1965 in U­ping­ton be­gin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.