Vol­spoed vo­ren­toe

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek | Eie Mening - Deur Si­mon Bro­wn

Ek het Com­bi­ned Mo­tor Hol­dings (CMH) ’n jaar ge­le­de vir die eer­ste keer aan­be­veel en hy het se­dert­dien met by­na 50% ge­styg, dank­sy uit­ste­ken­de re­sul­ta­te. Om mo­tors te ver­koop is nie mak­lik nie, maar CMH doen dit mees­ter­lik, met be­dryfs­wins van 4,2%. Die aan­deel ver­han­del op ’n his­to­rie­se prys-ver­diens­te-ver­hou­ding (p/v) van on­der 10 keer en ’n di­vi­dend­op­brengs van so­wat 5%.

Voer­tuig­ver­ko­pe in Suid-a­fri­ka was die af­ge­lo­pe paar jaar on­der druk, maar ons be­gin die eer­ste te­kens van ’n moont­li­ke her­stel sien. On­danks ’n tyd­perk van af­na­me in ver­ko­pe, het CMH aan­ge­hou om wins­te en mar­ges te ver­be­ter. Die ge­brek­ki­ge be­ste­ding aan mo­tor­voer­tuie in Suid-a­fri­ka kan tot ’n op­ge­hoop­te vraag na nu­we mo­tors lei en in die toe­koms vir die maat­skap­py gro­ter wins mee­bring.

Die groot­ste ri­si­ko is mis­kien li­ki­di­teit (lees ook blad­sy 21, waar ek oor die ri­si­ko skryf wat aan­de­le met lae li­ki­di­teit in­hou). Die daag­lik­se ver­han­de­lings­waar­de is be­skeie, dik­wels met min ko­pers teen heer­sen­de vlak­ke. Koop dus ver­sig­tig, moe­nie die prys op­stoot nie en wees be­reid om lank te hou. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.