Steeds te duur

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

Die mark het van Pick n Pay se re­sul­ta­te ge­hou, wat, hoe­wel hul­le re­ë­le groei ná in­fla­sie vir die vol­le jaar en nu­we win­kels teen 0% ge­toon het, wel re­ë­le groei van 5,1% in die laas­te kwar­taal ge­sien het. Die af­dan­kings­pro­gram is hier­by in­ge­sluit, en die uit­wer­king sal in dié fi­nan­si­ë­le jaar ge­voel word. Maar ek gaan my ou trom slaan: die be­dryfs­wins­mar­ge. Teen 2,2% is dit steeds on­ge­veer die­self­de as toe Richard Bras­her in 2013 as uit­voe­ren­de hoof oor­ge­neem het en dit is een ge­bied waar ek werk­lik ver­be­te­ring ver­wag het. Mis­kien het ek te gou te veel ver­wag. Tans is dié aan­deel, op ’n prys-ver­diens­te-veel­voud (p/v) van meer as 30 keer, gans te duur vir my.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.