Erns­ti­ge me­de­din­ger vir die JSE

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

San­lam het op die nu­we A2x-beurs ge­no­teer – die se­wen­de no­te­ring in die ses maan­de wat die beurs be­staan. Dit is ’n be­dui­den­de myl­paal, om­dat San­lam met sy mark­ka­pi­ta­li­sa­sie van on­ge­veer R180 mil­jard, ’n ste­wi­ge Top40-aan­deel is met ’n daag­lik­se ver­han­del­de waar­de van hon­der­de mil­joe­ne, en soms miljarde rand. Tans ge­skied by­kans al die ver­han­de­lings deur mid­del van die JSE, maar dit sal be­gin ver­an­der. Dit toon dat A2X ’n erns­ti­ge me­de­din­ger vir die JSE is en dat dit in­kom­ste en dus wins van laas­ge­noem­de sal af­rok­kel. Dit sal eg­ter ’n sta­di­ge pro­ses wees. My ma­ke­laar bied my by­voor­beeld nog nie toe­gang tot A2X nie, maar as be­leg­ger is kos­te ’n be­lang­ri­ke oor­we­ging, en as ek die­self­de aan­deel op ver­skil­len­de beur­se kan koop, sal ek dit be­slis op die goed­koop­ste beurs koop. Die JSE werk daar­aan om kos­te te be­snoei, maar met­ter­tyd sal die koms van A2X daar­toe lei dat hy min­der geld maak, hoe­wel hy steeds be­son­der wins­ge­wend sal wees. Waar­da­sies toon eg­ter dat die JSE mis­kien so­veel as 15% tot 20% van sy vo­lu­mes aan die nu­we beur­se sal moet af­staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.