Wag vir die stof om te gaan lê

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

Die Eoh-aan­deel­prys hou aan daal selfs na­dat on­be­ves­tig­de nuus­be­rig­te te­rug­ge­trek word. Be­ne­de 4 000 sent per aan­deel (met die skryf hier­van op 30 A­pril) staan die aan­deel weer op sy vlak van 2013. Ek het voor­heen ge­skryf oor hoe EOH se sa­ke­mo­del be­dreig word om­dat dit no­dig is dat hy – deels – nu­we aan­de­le moet uit­reik, aan­de­le wat min, in­dien e­ni­ge, ver­ko­pers in plaas van kon­tant sal aan­vaar. Ons het ook so pas ’n ver­trou­ens­kwes­sie er­vaar, ver­al na die stem­me­ry op die al­ge­me­ne jaar­ver­ga­de­ring. ’n Da­len­de aan­deel­prys jaag ook be­leg­gers weg, en baie men­se het my ge­vra of dit tyd is om te koop. Die ant­woord is nee. Wag vir die stof om te gaan lê en tot­dat die prys styg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.