8.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kolskoot Bestuur -

Die mi­ni­mum loon is net R20 per uur. Jy be­hoort jou­self te vra waar­om jy on­wil­lig is om dit te be­taal.

As jy R5 mil­joen per jaar be­taal word, ver­dien jy R417 000 per maand.

Werk­ne­mers wat die mi­ni­mum loon ver­dien, kan R3 500 per maand kry – waar­skyn­lik wat jy aan jou sel­foon­kon­trak of een of t­wee lek­ker aand­jies uit be­stee.

Wer­kers moet vir hul ge­sin sorg, hul kin­ders op­voed, en ver­voer na en van die werk kry. Doen die som­me.

Moet jou nie blind hou vir die

9.

be­han­de­ling en be­sol­di­ging van uit­ge­kon­trak­teer­de skoon­maak- en se­ku­ri­teits­per­so­neel­le­de net om­dat on­der verskaffers se be­stuur is nie.

Her­man Mas­ha­ba, bur­ge­mees­ter van Jo­han­nes­burg, het aan­ge­kon­dig dat die stad 1 400 voor­ma­li­ge Jo­zi@work- en kon­trak­per­so­neel­le­de sou aan­stel om te sorg dat “dié kon­trak­wer­kers bil­li­ke ver­goe­ding en waar­dig­heid kry”. Dié werk­ne­mers het nou ’n per­ma­nen­te werk en ver­dien R6 000 per maand, pleks van R2 200 vroe­ër.

Maat­skap­pye kan by hom leer. Men­se wat by­dra tot jou on­der­ne­ming se suk­ses en help dat din­ge vlot ver­loop, ver­dien ’n be­staan­ba­re loon.

10.

Al is dit in som­mi­ge om­stan­dig­he­de aan­vaar­baar om te ver­wag dat werk­ne­mers oor­tyd, op o­pen­ba­re va­kan­sie­dae en na­we­ke werk, is dit nie aan­vaar­baar om dié op­of­fer­e­ni­ge te ver­eis son­der ver­goe­ding met tyd af of by­ko­men­de be­ta­ling nie.

11. Toon meer re­spek vir werk­ne­mers se p­ri­va­te le­we. Be­lê net ’n bie­tjie in men­se se toe­koms.

Men­se moet hul loop­baan on­der be­gin, maar in­tern­skap­pe met min of geen be­ta­ling be­te­ken dat baie stu­den­te nie die ge­leent­heid sal kry nie ten­sy hul ou­ers hul­le kan aan­hou on­der­hou ter­wyl hul­le werk.

Help om vir jou stu­den­te ’n ef­fen­se sma­kie te gee van die ge­leent­he­de wat jy ge­kry het. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.