Die alternatief vir ’n staatsbank

Die op­roep om ban­ke in staats­be­sit is niks nuuts nie, maar dié kon­sep sal slegs ’n klein min­der­heid be­voor­deel. Daar is eg­ter ’n alternatief wat be­leg­ging in nu­we on­der­ne­mings sal aan­moe­dig en tot werk­skep­ping en voor­uit­gang kan lei.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud -

pas na­dat ek by S­tel­len­bosch be­gin klas­gee het, het ek ’n i­dee ge­had: waar­om nie ’n boek pu­bli­seer oor die din­ge wat stu­den­te moet weet wan­neer hul­le u­ni­ver­si­teit toe gaan nie? Ek het pro­fes­so­re by ver­skeie Suid-a­fri­kaan­se u­ni­ver­si­tei­te daar­van oor­tuig om elk­een ’n hoof­stuk te skryf. My vol­gen­de stap was om die boek self te pu­bli­seer. Maar om die druk­kos­te van 3 000 ek­sem­pla­re wat ek ge­hoop het om te ver­koop, te be­taal, sou my meer as R70 000 uit die sak jaag; ’n e­nor­me be­drag vir ’n ju­ni­or lek­tor met stu­die­skuld.

Ek het dus die bank ge­na­der met ’n in­druk­wek­ken­de sa­ke­plan, uit­ge­vat in my bes­te pak en ’n breë glim­lag.

Voor­stel af­ge­keur. Ek kan nie ont­hou wat die pre­sie­se re­des is wat ge­gee is nie, maar ek kan ont­hou dat ek baie kwaad was. Hoe kon my heel­te­mal re­de­li­ke aan­soek om ’n le­ning af­ge­keur word?

Maar kom ek wees eer­lik: dit was die bes­te be­sluit wat die bank kon ge­neem het. Nie vir hul­le nie (R70 000 is maar ’n drup­pel in die em­mer op hul­le ba­lans­staat), maar vir my.

Ek sou nooit 3 000 boe­ke ver­koop kry nie; min­stens nie in die tyd­perk van twee jaar wat ek voor­sien het nie. Ek het wel daar­in ge­slaag om R70 000 by­me­kaar te skraap en twee uit­ga­wes is dus wel ge­pu­bli­seer.

Maar ons het nooit reg­tig ’n wins ge­maak nie (die 2009-uit­ga­we, is nou gra­tis op Google Books be­skik­baar). Ie­wers in ’n don­ker kan­toor (ver­beel ek my) het ’n ban­kier ge­sit en be­sef – nog voor­dat ons ’n en­ke­le ek­sem­plaar ge­druk het – dat dit laf is om geld te pro­beer maak deur boe­ke te ver­koop.

Ek is hier­aan her­in­ner toe ek ge­lees het dat die EFF se Floyd S­hi­vam­bu ’n pri­va­te-lid-wets­ont­werp in die par­le­ment ter ta­fel wil lê wat die weg sal baan vir ban­ke wat deur die staat be­sit word. Dit is nie ’n nu­we plan nie.

Ti­to M­bo­we­ni, voor­ma­li­ge pre­si­dent van die Re­ser­we­bank, was reeds in 2014 ’n voor­stan­der van sul­ke plan­ne. Sy be­hoef­te na ’n bank in staats­be­sit het be­gin toe sy eie plan­ne om ’n sa­ke­ryk te bou ge­dwars­boom is deur die groot ban­ke se skyn­ba­re on­wil­lig­heid om in sy droom te be­lê. M­bo­we­ni wou saam met sy broer ’n be­lang koop in ’n nu­we ys­ter­erts­pro­jek in T­za­neen.

Selfs na­dat M­bo­we­ni die uit­voe­ren­de hoof­de ge­bel het om sy mis­noeë te ken­ne te gee, kon hul­le nie ’n le­ning kry nie. Hul­le het hul­le ook in die me­di­a­wê­reld be­ge­we en by ’n kon­sor­ti­um aan­ge­sluit wat ’n uit­saai­li­sen­sie vir ’n ra­di­o­sta­sie pro­beer be­kom het. Die ra­di­o­sta­sie be­staan nie meer nie.

“Ek het ge­sê mens kan nie pri­va­te geld as pand vir be­sig­heid gee nie. Dit is twee af­son­der­li­ke en­ti­tei­te. Wat ons hier het, is ’n ra­di­o­li­sen­sie; as dit nie werk nie, vat jy die be­sig­heid. Nie­mand sal op my pri­va­te geld be­slag lê nie. Hul­le dink ek is ’n dwaas,” het M­bo­we­ni des­tyds ge­skryf.

Kom ons be­kyk die fei­te. Eer­stens het die ra­di­o­sta­sie wat M­bo­we­ni wou koop, spoe­dig op­hou be­staan. Dit sê vir my dat die ban­kier in die don­ker kan­toor die korrekte be­sluit ge­neem het om die aan­soek van die hand te wys. As hy dit goed­ge­keur het, sou sy bank geld ver­loor het (en die ban­kier moont­lik sy bo­nus of selfs sy werk).

T­wee­dens, die re­de waar­om die ban­ke se­ku­ri­teit be­no­dig, is om­dat hul­le ’n mo­re­le ge­vaar wil ver­my, naam­lik om aan men­se geld te gee om te be­stee son­der e­ni­ge ge­vol­ge vir hul­le­self. Die bank sou nie vir my ’n le­ning gee as ek nie ba­tes ge­had het waar­op hul­le be­slag kan lê as hul­le geld ge­mors is nie. Dit geld vir al­le ban­ke, te al­le tye. ’n Staatsbank is nie ’n nu­we i­dee nie, soos die C­hi­ne­se ge­wys het (hoe­wel hul­le iro­nies ge­noeg be­sig is om hul­le s’n te pri­va­ti­seer). Die re­de vir hul­le pri­va­ti­se­rings­pro­ses is p­re­sies die mo­re­le ge­vaar wat vroe­ër be­spreek is: staats­ban­ke hoef nie aan aan­deel­hou­ers ver­slag te doen nie en kan dus pro­jek­te fi­nan­sier wat min­der wins­ge­wend is. Staats­ban­ke is ook ge­neig om in­di­vi­due te fi­nan­sier wat sterk re­ge­rings­ban­de het. Daar is wel ’n alternatief. En dis te vin­de in Suid-a­fri­ka se eie ge­skie­de­nis. Ná die Groot De­pres­sie van die 1930’s het wit ar­moe­de baie sig­baar ge­word in Suid-a­fri­ka se ont­lui­ken­de ste­de, ver­al in Jo­han­nes­burg. Die hon­derd­ja­ri­ge her­den­king van die Groot Trek, die op­rig­ting van die Voor­trek­ker­mo­nu­ment, en ver­skeie an­der fak­to­re het by­ge­dra tot ’n sty­ging in A­fri­ka­ner-na­si­o­na­lis­me.

Dié na­si­o­na­lis­tie­se A­fri­ka­ners het ge­glo dat die ka­pi­ta­lis­te (die En­gel­se en die Jo­de) hul­le e­ko­no­mies ge­van­ge ge­hou het. Hul­le moes ’n oplossing vind om hul­self aan hul­le spreek­woor­de­li­ke skoen­rie­me op te trek. Die ant­woord? Die Red­dings­daad­bond (RDB), ’n spaar­fonds (met die leu­se “’n Volk red hom­self”) waar­in A­fri­ka­ner­ge­sin­ne (70 000 van hul­le bin­ne vyf jaar) el­ke maand ses pen­nies kon be­lê. ’n Deel van dié geld het ge­help om Fe­de­ra­le Volks­be­leg­gings, ’n be­leg­gings­kor­po­ra­sie, te ves­tig, wat sou be­lê in nu­we A­fri­ka­ner-be­sig­he­de, soos Gen­cor (wat la­ter ’n myn­reus ge­word het). Dit was grond­vlak­ont­wik­ke­ling op sy heel bes­te.

Die frus­tra­sies vir tal­le en­tre­pre­neurs met die be­gin van hul­le sa­ke­ry­ke is ver­staan­baar. Maar dit is geen re­de om ’n staatsbank te be­gin wat slegs ’n klein min­der­heid kan be­voor­deel ten kos­te van al die an­der nie. Be­gin lie­wers on­der. Stel jou ’n mo­der­ne weer­ga­we van Fe­de­ra­le Volks­be­leg­gings voor: Stel jou sy mag voor in­dien hy 700 000 swart Suid-a­fri­ka­ners kan oor­tuig om R50 per maand te be­lê (mens kan dit mak­li­ker met van­dag se teg­no­lo­gie doen). Daar­die R35 mil­joen per maand kan ge­bruik word om in nu­we on­der­ne­mings van swart en­tre­pre­neurs te be­lê wat werk s­kep en voor­uit­gaan. Dít is hoe mens ’n sa­ke­ryk bou. Dit is hoe ’n na­sie hom­self red. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Jo­han Fou­rie is me­de­pro­fes­sor in e­ko­no­mie aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch. Bostaan­de is ’n ge­re­di­geer­de weer­ga­we van ’n ar­ti­kel wat oor­spronk­lik ge­pu­bli­seer is op jo­han­fou­rie.word­press.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.