14. Niks is ‘ver­on­der­stel om te ge­beur’ nie

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Voorblad -

Soms doen ons baie ure se werk en na­vor­sing oor ’n se­ke­re ver­han­de­lings­i­dee en tog doen die mark nie wat ons ver­wag nie. Soms het lo­gi­ka nie ’n plek in die mark nie. Al die aan­wy­sers – so­wel teg­nies as fun­da­men­teel – wys dat die mark op ’n se­ke­re ma­nier moet re­a­geer, maar dit doen een­vou­dig nie wat ons dink dit moet doen nie.

Daar is nie iets soos “ver­on­der­stel om te ge­beur” nie. Die mark kan ja­re lank teen ’n be­lag­lik hoë prys-ver­dien­ste-ver­hou­ding ver­han­del en nie op­hou styg nie – maak nie saak hoe on­lo­gies dit vir ons lyk nie.

’n Maat­skap­py het dalk so ver on­der sy bil­li­ke waar­de ge­daal dat hy na die wins­koop van die eeu lyk, maar swaai dalk steeds nie om nie.

Dit maak nie saak hoe­veel na­vor­sing ons doen en hoe sterk ons glo dat iets moet ge­beur soos ons ver­wag nie; die mark sal doen wat die mark doen. Ons kan nie daar­teen stry nie; ons kan nie ons wil daar­aan op­dwing nie. Dit is gro­ter as ons; dit het meer geld as ons; en daar is niks wat ons kan doen om ’n tendens te keer nie.

Te­o­re­ties be­hoort S­tein­hoff nie in­een te stort nie ... die aan­deel ver­han­del on­der R2. Te­o­re­ties is die S­hil­ler-prys-ver­dien­ste-ver­hou­ding van die S&P500 al ja­re lank op his­to­rie­se hoog­te­pun­te ... dit bly styg.

Ons lo­gi­ka en sie­nings het nie ’n plek in die mark nie. Ons taak is om te i­den­ti­fi­seer in wat­ter rig­ting die mark be­weeg en om dan pun­te te i­den­ti­fi­seer waar ons aan die tendens kan deel­neem. Wat be­lang­rik is, is wat nou ge­beur, nie wat ons dink moet ge­beur nie.

Par­ty van dié les­se was pyn­lik om te leer; daar-om hoop ek jy hoef nie ook eers ’n dui­send keer jou vin­gers te ver­brand voor­dat hul­le in­sink nie.

Lek­ker ver­han­del! ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

*Pe­tri Re­de­ling­huys is ’n han­de­laar en die stig­ter van He­re­nya Ca­pi­tal Ad­vis­ors. Sent Let wel: Die mees­te goeie aan­lyn ver­han­de­lings­plat­forms maak dit vir jou moont­lik om ou­to­ma­tie­se keer­ver­lies­be­stel­lings op die plat­form self in te voer, hoe­wel geen­een ou­to­ma­ties die po­si­sie­groot­te vir jou sal be­re­ken nie.

*fin­week is ’n pu­bli­ka­sie van Me­dia24, ’n fi­li­aal van Nas­pers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.