Neig ho­ër, al is dit ruk­ke­rig

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Eie Mening Markplek -

P­re­to­ria Port­land Ce­ment (PPC) is die voor­ste ver­skaf­fer van se­ment in Sui­der-a­fri­ka. Hy pro­du­seer ook ag­gre­ga­te, me­tal­lur­gie­se kalk, ge­bran­de do­lo­miet en kalk­steen. Waar hy tans in ’n moont­li­ke sty­gen­de pa­troon kon­so­li­deer, het PPC uit sy lang­ter­myn-daal­nei­ging ge­breek. Nou­dat hy met meer as 100% se­dert sy laag­te­punt van 345c per aan­deel ge­styg het, is die hui­di­ge vlak­ke ’n goeie toe­tree­punt vir ’n koop-en-hou-stra­te­gie.

Ná ’n moei­li­ke twee jaar waar­in PPC ge­dwing was om ’n reg­te­uit­gif­te te doen ten ein­de skuld te­rug te be­taal en hy ver­skeie oor­na­me­po­gings moes af­weer, meen Jo­han Claas­sen, wat se­dert Ju­lie 2017 aan die stuur van sa­ke staan, die skip is be­sten­dig en kan nou op groei fo­kus, be­rig Bloom­berg.

Die se­ment­ma­ker het die af­ge­lo­pe ja­re ak­tief op die vas­te­land ge­ïn­ves­teer en R12 mil­jard be­lê om fa­brie­ke in R­wan­da, E­thi­o­pië, die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van Kon­go (DRK) en Zim­bab­we op te rig.

An­der lan­de wat be­lo­wend lyk is on­der meer die I­voor­kus, Ke­nia en U­gan­da, het Mo­ka­te Ra­ma­fo­ko, groep­hoof vir be­dry­wig­he­de in A­fri­ka, vol­gens Bloom­berg ge­sê. PPC soek blyk­baar ’n ko­per vir ’n aan­deel in sy werk­saam­he­de in die DRK.

PPC se aan­deel­prys bly oor­we­gend po­si­tief selfs na­dat hy mis­luk het om ver­le­de jaar met A­fri­sam saam te smelt. Som­mi­ge ont­le­ders meen PPC se aan­deel­prys kan moont­lik in die vol­gen­de drie jaar tot R12 styg, sou daar nie ’n sa­me­smel­ting plaas­vind nie. Hoe­wel die aan­af-praat­jies oor be­lang­stel­ling in PPC groot wis­sel­val­lig­heid in die aan­deel­prys ver­oor­saak het, is die rig­ting hoof­saak­lik op­waarts.

Ver­han­del hom só:

Waar hy tans op na­bye ter­myn ’n reg­stel­ling on­der­gaan ná hy uit ’n ui­ters oor­ver­koop­te po­si­sie ge­kom het, sal ’n sty­ging deur 850c per aan­deel die af­waart­se nei­ging be­ëin­dig en die prys moont­lik eers tot 925c laat styg. Breek hy deur dié vlak kan PPC ver­der styg tot op 1 020c per aan­deel. Her­sien po­si­sies in­dien PPC daar weer­stand on­der­vind. Bly an­der­sins lank, aan­ge­sien die aan­deel dan ge­lei­de­lik tot 1 550c kan styg. Moet aan die an­der kant nie koop as PPC nie daar­in slaag om tot ver­der as 850c per aan­deel te her­stel nie. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.