Die be­lang­rik­heid van werks­aan­spo­rings

Wat sou ge­beur in ’n wê­reld waar le­wens­lan­ge werk­se­ku­ri­teit ge­waar­borg was? Die kon­sep van ’n ge­waar­borg­de a­ka­de­mie­se diens­tyd­perk voor­sien ’n in­te­res­san­te ge­val­le­stu­die.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - Deur Jo­han Fou­rie

daar is min twy­fel: a­ka­de­mi­ci het die bes­te werk. Wan­neer ons klas­gee kan ons jong, slim ver­stan­de vol­stop met i­dees waar­oor ons om­gee en in glo. Wan­neer ons na­vor­sing doen, kan ons dié i­dees ver­der ver­ken, en die wê­reld en hoe dit werk ’n bie­tjie be­ter ver­staan. Ons werk dik­wels in ’n rus­ti­ge om­ge­wing, om­ring deur men­se wat soos ons soek na (die) waar­heid. Vir dié van ons wat men­se ver­my, is daar boe­ke wat die­self­de ding doen. Par­ty­keer reis ons na lek­ker plek­ke toe en ont­moet men­se wat soos ons dink en ruil i­dees uit. Par­ty­keer neem ons selfs sab­bats­ver­lof om nog meer na te dink oor die wê­reld en hoe dit werk, son­der dat ons e­nig­iets an­ders hoef te doen.

Die bes­te van al­les? Selfs al doen ons nie die mees­te van dié din­ge nie, het ons le­wens­lan­ge werk­se­ku­ri­teit.

U­ni­ver­si­tei­te is van die oud­ste in­stel­lings. Hoe­wel die rol van die pro­fes­sor iet­wat ver­an­der het oor die eeue heen (ons moes ons in­kom­ste ver­dien toe stu­den­te moes be­taal om ons klas-ka­mers te be­tree!), is die stel­sel van a­ka­de­mie­se werk­se­ker­heid, waar ’n aan­stel­ling per­ma­nent is en mens nie af­ge­dank kan word nie, ten­sy daar uit-son­der­li­ke om­stan­dig­he­de is, al meer as ’n eeu lank in plek. Dit is heel­te­mal an­ders as die pri­va­te sek­tor, waar die groot­ste aan­spo­ring vir har­de werk die ge­vaar is om af­ge­dank te word.

Ter­wyl Suid-a­fri­kaan­se a­ka­de­mi­ci le­wens­lan­ge aan­stel­lings kry feit­lik on­mid­del­lik ná hul aan­stel­ling (daar is ge­woon­lik da­rem ’n proef­tyd­perk), is dit ’n ge­wel­di­ge ding om ’n per­ma­nen­te aan­stel­ling te kry in A­me­ri­ka. Die eer­ste vyf jaar ná aan­stel­ling is ’n wed­loop om in die top-joer­na­le ge­pu­bli­seer te word. As dit tyd word vir die e­va­lu-a­sie oor jou per­ma­nen­te aan­stel­ling en jy het nie ge­noeg ge­pu­bli­seer nie, sal jy dit nie kry nie. Jy sal ie­wers an­ders moet gaan, of die a­ka­de­mie moet ver­laat. Wan­neer jy eg­ter ’n per­ma­nen­te aan­stel-ling kry, word al die aan­spo­rings om te pu­bli­seer ver­wy­der en voort­ge­set­te na­vor­sing hang ge­heel en al af van die doel­wit­te wat jy vir jou­self stel.

Hier is twee heel­te­mal ver­skil­len­de stel­sels. In die eer­ste is die aan­spo­rings dui­de­lik: pu­bli­seer of sink. In die twee­de is daar geen ek­ster­ne aan­spo­rings soos die be­drei­ging van werk­se­ku­ri­teit nie. Wat­ter een le­wer die bes­te re­sul­ta­te?

Kom ons kyk eers waar­om a­ka­de­mie­se werk­se­ker­heid in­ge­stel is. Daar was hoof­saak­lik twee re­des. Eer­stens voor­sien werk­se­ker­heid a­ka­de­mie­se en in­tel­lek­tu­e­le vry­heid om nu­we na­vor­sings­paaie na te volg. T­wee­dens voor­sien dit ’n ge­noeg­sa­me e­ko­no­mie­se se­ku­ri­teit om die pro­fes­sie aan­trek­lik te maak. Maar dit is die eer­ste – die on­be­lem­mer­de na­vol­ging van die waar­heid – wat steeds as on­be­twis­ba­re ver­de­di­ging vir per­ma­nen­te aan­stel­lings voor­ge­hou word.

Is daar em­pi­rie­se steun hier­voor? Drie e­ko­no­me, Jo­na­than Bro­gaard, Jo­seph En­gel­berg en Ed­ward van We­sep, het hul­le eie pro­fes­sie ge­bruik om uit te vind. In ’n ar­ti­kel wat ge­pu­bli­seer is in die Win­ter 2018-uit­ga­we van die Jour­nal of E­co­no­mic Per­specti­ves, het hul­le die na­vor­sings­uit­set­te ge­meet van am­per 1 000 a­ka­de­mie­se e­ko­no­me in die vyf jaar voor per­ma­nen­te aan­stel­ling en in die 10 jaar daar­na. Hul­le het die kwan­ti­teit so­wel as die ge­hal­te van uit­set­te ge­meet. Twee me­tings is ge­skep: “wen­lo­pies” is ar­ti­kels wat hoog aan­ge­slaan word (in die top-10% van pu­bli­ka­sies in die­self­de jaar) en “bom­me” is ar­ti­kels wat swak ge­vaar het (ar­ti­kels wat hul­le in die on­der­ste 10% in dié jaar be­vind).

Die re­sul­ta­te is oor­wel­di­gend: pu­bli­ka­sie en wen­lo­pie­koer­se styg in die aan­loop tot vas­te aan­stel­ling en be­reik ’n hoog­te­punt in die jaar waar­in daar oor ’n na­vor­ser se vas­te aan­stel­ling be­sluit word, as­ook in die eer­ste jaar daar­van. Daar­na val dit van ’n krans af, met pu­bli­ka­sie- en wen­lo­pies van 15% tot 35% la­er in jaar 2 tot 10 ná vas­te aan­stel­ling. Bom­koer­se styg met 35% ná vas­te aan­stel­ling.

Die ou­teurs oor­weeg ver­skeie re­des vir dié af­na­me. Dis dalk ’n “tyd se­dert Phd”-ef­fek in die sin dat ou­er men­se min­der pro­duk­tief is. Daar is eg­ter geen ge­tui­e­nis om dit te steun nie. Mis­kien is dit die toe­na­me in diens, klas­gee en an­der nie-a­ka­de­mie­se ta­ke wat ná vas­te aan­stel­ling volg, maar dit ver­klaar nie die toe­na­me in bo­mar­ti­kels nie. Dalk moe­dig vas­te aan­stel­ling na­vor­sers aan om gro­ter ri­si­ko’s te loop en na nu­we a­re­as van na­vor­sing uit te brei. Die ou­teurs meet dit deur te kyk waar die ou­teurs pu­bli­seer en vind geen ver­skil in die u­niek­heid van me­de-ou­teurs of joer­na­le nie. Dalk ver­bloem die ge­mid­del­des die e­li­te-na­vor­sers se ver­to­nings. Maar selfs wan­neer die ont­le­ding be­perk word tot top- A­me­ri­kaan­se u­ni­ver­si­tei­te, staan die re­sul­ta­te. Dalk neem dit tyd vir uit­son­der­li­ke na­vor­sing om trak­sie te kry. Maar re­sul­ta­te bly die­self­de vir ’n steek­proef pu­bli­ka­sies wat oor 20 jaar strek.

Hul­le na­vor­sing stel voor dat vas­te aan­stel­ling sleg is vir na­vor­sing­pro­duk­ti­wi­teit. Dit is nie nood­wen­dig dat die vas­te-aan­stel­ling­stel­sel sleg is nie; was dit nie daar nie, sou die ge­tal­le en ge­hal­te Phd-stu­den­te wat mik na a­ka­de­mie­se po­si­sies waar­skyn­lik la­er ge­wees het. Die moont­lik­heid van toe­koms­ti­ge e­ko­no­mie­se se­ku­ri­teit lok die skerp­ste den­kers in die veld.

Dit sug­ge­reer eg­ter wel twee goed. Op ’n prak­tie­se vlak is dit dalk sleg om per­ma­nen­te aan­stel­ling te gou toe te staan. Die Suid-a­fri­kaan­se stel­sel aan­vaar per­ma­nen­te aan­stel­ling om­trent da­de­lik; ek weet van nie­mand wat nie ’n per­ma­nen­te aan­stel­ling ge­kry het om­dat hul­le in ge­bre­ke ge­bly het om te pu­bli­seer nie. Deur die tyds­duur van aan­stel­ling tot min­stens vyf jaar uit te stel en dit ’n re­a­lis­tie­se moont­lik­heid te maak dat ’n per­ma­nen­te aan­stel­ling nie ver­kry sal word nie, kan die re­ge­ring meer na­vor­sing vir hul­le “pond vleis” kry.

Op ’n meer al­ge­me­ne vlak, wys die stu­die dui­de­lik hoe be­lang­rik aan­spo­rings is. ’n Wê­reld waar per­ma­nen­te in­diens­ne­ming ge­waar­borg is met geen me­rie­te­be­oor­de­lings nie is ’n wê­reld waar uit­set­te daal en in­no­ve­ring sterf. Selfs a­ka­de­mie­se e­ko­no­me moet soms daar­aan her­in­ner word. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Jo­han Fou­rie is me­de­pro­fes­sor in e­ko­no­mie aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

’n Wê­reld waar per­ma­nen­te in­diens­ne­ming ge­waar­borg is met geen me­rie­te­be­oor­de­lings nie is ’n wê­reld waar uit­set­te daal en in­no­ve­ring sterf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.