Gaan SA e­ko­no­mie knoop deur­hak of nie?

Om e­nor­me reg­streek­se bui­te­land­se in­ves­te­ring in ons e­ko­no­mie aan te moe­dig is als goed en wel, maar ons het baie om self reg te stel as ons wil groei – laat staan nog flo­reer.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud - Deur An­di­le N­tin­gi

mil­joe­ne Suid-a­fri­kaan­se werk­soe­kers, wat ge­buk gaan on­der die swaar las van een van die hoog­ste werk­loos­heid­sy­fers ter wê­reld, won­der se­ker­lik hoe ’n krim­pen­de e­ko­no­mie soos ons s’n werks­ge­leent­he­de gaan le­wer wat hul­le in staat sal stel om vir hul ge­sin­ne van kos te voor­sien.

Ná groei van 3,1% in die der­de kwar­taal van 2017 het die e­ko­no­mie die groot­ste in­krim­ping in ne­ge jaar ge­toon deur in die eer­ste kwar­taal van 2018 on­ver­wags met 2,2% te krimp, af­ge­trek deur be­dui­den­de af­na­mes in myn­bou, ver­vaar­di­ging, land­bou en kon­struk­sie.

Die af­na­me in die land se e­ko­no­mie­se pres­ta­sie voor­spel niks goeds nie vir dié wat im­mer ont­wy­ken­de werks­ge­leent­he­de na­streef, of en­tre­pre­neurs wat hul on­der­ne­mings wil uit­brei nie. Er­ger nog, is dat ons e­ko­no­mie vas­ge­vang is in wat e­ko­no­me ’n “val­strik van lae groei” noem.

M­ce­bi­si Jo­nas, voor­ma­li­ge ad­junk­mi­nis­ter van fi­nan­sies, het in Ju­nie ver­le­de jaar in ’n toe­spraak op die lang­du­ri­ge be­lem­mer­de aard van ons e­ko­no­mie ge­wys en ons daar­aan her­in­ner dat die Suid-a­fri­kaan­se e­ko­no­mie se­dert 1990 teen ge­mid­deld 1% per jaar groei. Die land se a­no­rek­sie­se groei­koers steek sleg af by dié van C­hi­na en In­dië, me­de­le­de van B­ri­cs. C­hi­na het se­dert 2000 teen ’n koers van 8,5% per jaar ge­groei, ter­wyl In­dië met 7% uit­ge­brei het.

Suid-a­fri­ka be­no­dig drin­gend groei-en­jins wat sy e­ko­no­mie kan aan­vuur. Vir pre­si­dent Cy­ril Ra­map­ho­sa is reg­streek­se bui­te­land­se in­ves­te­ring ’n op­los­sing om groei te ver­snel en werks­ge­leent­he­de te skep. Dit kan die spreek­woor­de­li­ke ge­ty wees wat al­le bo­te ho­ër laat dryf, dus het Ra­map­ho­sa vier be­leg­gings­ge­san­te (Jo­nas en T­re­vor Ma­nu­el, ’n vo­ri­ge mi­nis­ter van fi­nan­sies, as­ook P­hum­zi­le Lan­ge­ni, voor­sit­ter van die A­fro­pul­se-groep, en Jacko Ma­ree, voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof van S­tan­dard Bank) af­ge­vaar­dig om in al­le uit­hoe­ke van die wê­reld te gaan soek na in­ves­te­ring van $100 mil­jard oor die vol­gen­de vyf jaar.

Of­skoon dit be­lang­rik is om in­ter­na­si­o­na­le be­leg­gers te lok, is dit ook nood­saak­lik om plaas­li­ke maat­skap­pye te oor­tuig dat hul­le ’n kans op hul eie e­ko­no­mie moet waag. Die groot Suid-a­fri­kaan­se maat­skap­pye sit na be­we­ring met op­ge­gaar­de kon­tant van ’n ge­raam­de R1 dui­send mil­jard. As daar ie­mand is wat die sta­king van in­ves­te­ring deur plaas­li­ke maat­skap­pye kan be­ëin­dig, is dit Ra­map­ho­sa.

As ’n deur­win­ter­de on­der­han­de­laar met uit­ge­brei­de er­va­ring in die sa­ke­wê­reld en vak­bond­we­se, en nou ook die re­ge­ring, is hy goed ge­plaas om al dié so­si­a­le ven­no­te so­ver te kry om uit die­self­de ge­san­ge­boek te sing ten ein­de die struk­tu­re­le pro­ble­me wat ons e­ko­no­mie aan ban­de lê, te oor­kom.

Sy veld­tog om in­ves­te­ring te be­vor­der kan, in­dien dit slaag, help om Suid-a­fri­ka se vas­te­ka­pi­taal­in­ves­te­ring as ’n per­sen­ta­sie van die BBP op te stoot tot ver bo­kant die hui­di­ge 18%, wat jam­mer­lik laag is vir ’n land wat daar­na streef om ’n ste­wi­ge duik te maak in ’n werk­loos­heids­koers van 26,7%. S­nel­groei­en­de “Oos­ter­se­tie­re” soos C­hi­na en Suid-ko­rea het vas­te­ka­pi­taal­in­ves­te­rings­ver­hou­din­ge van on­der­skei­de­lik 47% en 30%.

Die staat én die pri­va­te sek­tor moet saam die voor­tou neem om ons vas­te­ka­pi­taal­in­ves­te­ring te ver­hoog as ons die Suida­fri­kaan­se e­ko­no­mie by ’n groei­koers van ho­ër as 5% wil kry.

Die voort­ge­set­te on­der­soe­ke na kor­rup­sie by staats­on­der­ne­mings en die af­dan­king van be­stuurs­hoof­de wat na be­we­ring by staat­skaping in dié in­stel­lings be­trok­ke was, is ’n goeie be­gin. Maar is dit ge­noeg om plaas­li­ke be­leg­gers van goeie kor­po­ra­tie­we be­heer te oor­tuig? Die ant­woord is ’n on­om­won­de nee. Selfs toe ons die goed­koop­ste pro­du­sent van be­trou­ba­re e­lek­tri­si­teit ter wê­reld was, het ons ge­suk­kel om be­leg­gers te lok om in ons land sa­ke te doen.

Een van die groot­ste strui­kel­blok­ke wat be­leg­gers dik­wels af­skrik om in ’n land te in­ves­teer, is be­leid- en re­gu­la­to­rie­se on­se­ker­heid. Dit is juis wat ons po­li­tie­ke lei­er­skap se­dert die vroeg­ste tye van die Zu­ma-re­ge­ring ge­ken­merk het, wat tot ’n sta­king van in­ves­te­ring deur ka­pi­ta­lis­te ge­lei het. Ra­map­ho­sa sal dié on­se­ker­heid moet op­los.

Op stuk van sa­ke jaag be­leg­gers wins­te na, nie po­li­tie­ke oog­mer­ke nie. En po­li­tie­ke oor­we­gings moet nooit in die pad staan van be­leg­gings­vloei, wat ons so no­dig het om werk te skep en mil­joe­ne arm en wer­ken­de Suid-a­fri­ka­ners tot die mid­del­klas te laat vor­der nie.

Be­leid­se­ker­heid moet ge­paard­gaan met ’n af­na­me in die kos­te om sa­ke te doen om ’n e­ko­no­mie­se kli­maat te be­vor­der waar­in wins­maak en be­las­tin­gin­vor­de­ring saam ge­dy. En die be­las­ting­in­kom­ste wat ge­ge­ne­reer word, moet wys­lik be­stee word aan die deur­lo­pen­de ver­be­te­ring van ons in­fra­struk­tuur en vaar­dig­heids­grond­slag om die kos­te van e­lek­tri­si­teit, lo­gis­tiek en bre­ë­band la­er te dwing.

Ons ar­beid moet aan­vaar dat lo­ne aan pro­duk­ti­wi­teit ge­kop­pel moet word en moet bo­wen­al op die Vier­de Ny­wer­heids­om­wen­te­ling voor­be­rei. Maat­skap­pye sal dit oor­weeg om ro­bot­te en re­ke­naar­pro­gram­ma­tuur te ge­bruik om blou­boord­jie­wer­kers in fa­brie­ke en op pla­se te ver­vang, iets wat wit­boord­jie­wer­kers in hul luuk­se, lug­ver­sorg­de kan­to­re e­wen­eens nie ge­spaar sal bly nie.

Ro­bot­te vat nie af nie en kla nie oor lae lo­ne nie. Dit is die werk­lik­heid waar­in ons le­we en ons as land moet wak­ker skrik. An­ders gaan ou­to­ma­ti­se­ring nog men­se van ’n wer­ken­de ou­der­dom in ’n le­we van werk­loos­heid en ar­moe­de dom­pel ter­wyl ons po­li­tie­ke lei­ers s­try oor of ons kin­ders ge­skie­de­nis moet leer of nie, pleks daar­van om in die soort on­der­wys en op­lei­ding te be­lê wat ons wer­kers vir die snel ver­an­de­ren­de e­ko­no­mie­se land­skap voor­be­rei. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

An­di­le N­tin­gi is die uit­voe­ren­de hoof en me­de­stig­ter van Get­biz, ’n e-ver­kry­ging­sen ten­der-pu­bli­ka­sie­diens

Ro­bot­te vat nie af nie en kla nie oor lae lo­ne nie.

M­ce­bi­si Jo­nas Voor­ma­li­ge ad­junk­mi­nis­ter van fi­nan­sies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.