Eie me­ning: Cur­ro, PPC

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud -

Cur­ro se al­ge­me­ne jaar­ver­ga­de­ring was op 4 Ju­nie. An­tho­ny Clark, aan­de­le­ont­le­der by Vu­na­ni, het dit by­ge­woon en en­ke­le be­lang­ri­ke pun­te ge­twiet.

Eer­stens: Ter­wyl die maat­skap­py waar­skyn­lik nog so­wat R1 mil­jard se ka­pi­taal­be­ste­ding be­no­dig, kan hy dit nou self finansier (bui­ten groot ver­kry­gings), dus is ’n reg­te­uit­gif­te nie meer no­dig nie. Dit wys hoe vol­was­se die maat­skap­py ge­word het en ons kan van­jaar of in die vol­gen­de boek­jaar selfs ’n eer­ste di­vi­dend sien.

’n Twiet wat eg­ter uit­ge­staan het, was die op­mer­king dat Cur­ro tans op 53% be­set­ting staan. Was die be­set­ting op 90%, het Cur­ro we­sens­ver­dien­ste per aan­deel (WVPA) van 201 sent pleks van die hui­di­ge 49 sent ver­dien. Dit dui op e­nor­me hef­boom­po­ten­si­aal, aan­ge­sien nu­we stu­den­te skaars kos­te by­voeg maar vir aan­sien­li­ke by­ko­men­de in­kom­ste sorg.

Dié groei sal ’n paar jaar vat, en op na­ge­noeg 3 000 sent plaas die toe­koms­ti­ge WVPA van 201 sent die maat­skap­py op ’n ver­wag­te prys-ver­dien­ste-ver­hou­ding van so­wat 15 keer, ’n bil­li­ke waar­da­sie. So, vir dié wat die aan­deel ge­hou het ter­wyl hy 50% van sy waar­de se­dert sy hoog­te­punt ver­loor het: ek sou hom hou, maar nog nie e­ni­ge po­si­sie aan­vul nie – wag vir ’n po­si­tie­we prys­be­we­ging. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.