Wê­reld­spel­bre­kers: Moet ro­bot­te men­se­reg­te kry?

Sa­me­wer­ken­de ro­bot­te is toe­ne­mend deel van die werk­plek. In Ko­rea is daar by­voor­beeld 631 een­he­de per 10 000 werk­ne­mers. En men­se be­gin dié nu­we kol­le­gas al hoe meer soos men­se be­han­del.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud -

daar is al baie ge­praat oor die be­drei­ging wat ro­bot­te vir ons wer­ke in­hou, met die vin­ni­ge vor­de­ring in kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie (KI) wat hul­le in staat stel om ’n groot ver­skei­den­heid kan­toor­werk te ver­rig. Maar daar is iets an­ders om oor be­sorgd te wees. Die nu­we ge­slag sa­me­wer­ken­de ro­bot­te wat ont­werp is om te kan kom­mu­ni­keer met die men­se waar­mee hul­le saam­werk, word in voor­koms en ge­drag so baie soos men­se dat men­se aan hul­le be­gin ge­heg word.

Selfs ro­bot­te wat nie soos men­se lyk nie, word ver­mens­lik om­dat men­se e­mo­sies en per­soon­lik­he­de op hul­le pro­jek­teer, wat hul­le die met­ge­sel­le maak wat tot hier­die de­ka­de slegs in we­ten­skaps­fik­sie­ro­mans en -rol­pren­te ver­skyn het.

’n Paar jaar ge­le­de het die A­me­ri­kaan­se weer­mag in Irak ’n amp­te­li­ke be­graf­nis ge­hou, in­slui­ten­de ’n 21-ka­non­sa­luut, vir ’n bom­ruim­ro­bot wat ty­dens diens op­ge­blaas is. Daar is vir die ro­bot, Boom­er, ge­rou soos vir ’n me­de­sol­daat, en twee ge­sog­te me­dal­jes vir dap­per­heid – die Pur­ple He­art en die Brons­ster – is aan hom toe­ge­ken.

Daar is baie an­der voor­beel­de. In Sep­tem­ber ver­le­de jaar het werk­ne­mers by die Ka­na­de­se uit­saai­kor­po­ra­sie ’n af­tree­par­ty­tjie ge­hou vir vyf ro­bot­te wat ’n kwart­eeu lank die pos in hul kan­toor vir hul­le af­ge­le­wer het. Hul­le is her­ken aan hul­le vrien­de­li­ke biep­ge­luid om men­se in die gan­ge te waar­sku om uit die pad te staan.

Nou het nog ’n pro­bleem na vo­re ge­kom – die wet­li­ke sta­tus van ge­so­fis­ti­keer­de saam­werkro­bot­te met ge­vor­der­de kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie (KI). In Ok­to­ber 2016 het Sa­oe­di-ara­bië bur­ger­skap toe­ge­ken aan Sophia, ’n so­si­a­le mens­ag­ti­ge ro­bot wat deur Han­son Ro­bo­ti­cs in Hong­kong ont­wik­kel is en wat kan loop, oog­kon­tak kan be­hou, ge­sig­te kan her­ken en spraak kan ver­werk.

Sy het al wê­reld­wyd in die o­pen­baar op­ge­tree, be­ken­de per­soon­lik­he­de ont­moet en het on­der­hou­de ge­voer met joer­na­lis­te. Sy het haar ook die woe­de van Sa­oe­di-vroue-ak­ti­vis­te op die hals ge­haal. Hul­le voel sy het meer reg­te en voor­reg­te as hul­le – sy hoef nie eens ’n kop­doek te dra nie.

We­ten­skap­li­kes was be­kom­merd toe die EU meer as ’n jaar ge­le­de voor­ge­stel het dat wet­ti­ge sta­tus as “e­lek­trie­se per­so­ne” aan ge­so­fis­ti­keer­de en ou­to­no­me ro­bot­te ge­gee moet word. ’n Span van 150 spe­si­a­lis­te in ro­bo­ti­ka, KI, die reg­te, me­die­se we­ten­skap en e­tiek het in A­pril tot die de­bat toe­ge­tree met ’n ope brief aan die EU wat die be­sluit teen­staan en sê dit sal ro­bot­te men­se­reg­te gee en hul o­pe­ra­teurs vry­spreek van ver­ant­woor­de­lik­heid vir wat die ma­sjie­ne doen.

Maar saam­werkro­bot­te ver­skyn nou o­ral, ook in die huis, en speel ’n be­lang­ri­ke rol in diens­be­dry­we wat em­pa­tie ver­eis, of ten min­ste sen­si­ti­wi­teit vir mens­li­ke e­mo­sies. Hul­le werk as op­pas­sers vir ou­er men­se deur hul­le te her­in­ner wan­neer om hul me­di­sy­ne te neem of om te oe­fen, ak­ti­wi­tei­te aan te be­veel en speletjies te speel om hul ge­brui­kers ak­tief te hou. An­der leer wis­kun­de en taal aan kin­ders in klas­ka­mers, pas vrae aan vir die toe­pas­li­ke vaar­dig­heids­vlak­ke, gee te­rug­voer aan mens­li­ke on­der­wy­sers oor pro­ble­me, en bly ge­dul­dig met her­ha­ling en fou­te. Par­ty ro­bot­te help ou­tis­tie­se kin­ders om hul kom­mu­ni­ka­sie­pro­ble­me te ver­be­ter, te­sa­me met kog­ni­tie­we en so­si­a­le vaar­dig­he­de. Ro­bot­te is al lank in die swaar ny­wer­he­de ge­bruik, ver­al in mo­tor­voer­tuig­ver­vaar­di­ging. Saam­werkro­bot­te is klei­ner, lig­ter, goed­ko­per en meer aan­pas­baar vir ver­an­de­rings in vraag – wat hul­le meer be­kos­tig­baar en prak­ties vir klein en me­di­um­on­der­ne­mings maak.

Sy­fers wis­sel baie, maar na­vor­sing oor trans­for­ma­sie­teg­no­lo­gieë by ver­skeie maat­skap­pye het saam­werkro­bot­te ge­ï­den­ti­fi­seer as een van die vin­nigs groei­en­de seg­men­te in ro­bot­stel­sels, ver­re­weg meer as ny­wer­heids­ro­bot­te, wat tans oor­heers.

Loup Ven­tu­res Ma­na­ge­ment, ’n waag­ka­pi­taal­maat­skap­py, het ver­le­de jaar voor­spel dat die aan­tal saam­werkro­bot­te wat wê­reld­wyd ver­skeep word, teen ’n saam­ge­stel­de jaar­lik­se groei­koers van 61,2% sal toe­neem en teen 2025 ’n mark­waar­de van $9,05 mil­jard sal be­reik. Hy ver­wag dat die tra­di­si­o­ne­le mark vir ny­wer­heids­ro­bot­te oor die vol­gen­de 10 jaar op ’n jaar­grond­slag teen 11,8% sal groei, tot bo $33 mil­jard.

Vol­gens Martin H­ä­ge­le van die In­ter­na­si­o­na­le Fe­de­ra­sie van Ro­bo­ti­ka (IFR) se diens­ro­bot­groep, is die toe­ne­men­de be­lang­stel­ling in diens­ro­bot­te – wat al­ge­meen in me­die­se, lo­gis­tie­ke en veld­diens­te ge­bruik word – deels te dan­ke aan die ver­skei­den­heid en aan­tal nu­we be­gin­maat­skap­pye, wat tans on­ge­veer 29% van al­le ro­bot­maat­skap­pye ver­teen­woor­dig. Groot maat­skap­pye be­lê toe­ne­mend in ro­bo­ti­ka, dik­wels deur die ver­kry­ging van be­gin­ner­maat­skap­pye, het hy ver­le­de jaar in ’n verslag ge­sê.

Die mees­te van die vraag na ro­bot­te wê­reld­wyd kom van C­hi­na, Ja­pan, A­me­ri­ka, Suid-ko­rea en Duits­land. A­sië het die hoog­ste ge­tal van in­ter­na­si­o­na­le in­stel­lings, en vol­gens die IFR het die Re­pu­bliek van Ko­rea die hoog­ste ro­bot­digt­heid in die ver­vaar­di­gings­be­dryf – 631 een­he­de per 10 000 werk­ne­mers, of agt maal meer as die wê­reld­ge­mid­del­de.

Maar wat van A­fri­ka? Ri­chard Li, ven­noot van Steel Ad­vis­o­ry Part­ners in Sin­ga­poer, waar­sku in ’n ar­ti­kel vir die NTU-SBF-SEN­TRUM vir A­fri­ka-s­tu­dies dat die vas­te­land se ont­lui­ken­de ver­vaar­di­gings­be­dryf reeds be­dreig word deur ro­bot­te. “A­fri­ka se me­de­din­gen­de voor­deel wat be­tref sy groot ar­beids­mag sal ver­min­der en uit­ein­de­lik ver­dwyn na­ma­te an­der lan­de met ’n sterk ver­vaar­di­gings­ba­sis hul fa­brie­ke met die nuut­ste teg­no­lo­gie her­ont­werp,” sê hy. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Ma­ri­am Isa is ’n vry­skut­joer­na­lis wat in 2000 na Suid-a­fri­ka ge­kom het as die fi­nan­si­ë­le hoof­kor­re­spon­dent vir die Reu­ters-nuus­a­gent­skap na­dat sy in die Mid­de-oos­te, B­rit­tan­je en S­we­de ge­werk het. Sy het haar in 2007 as e­ko­no­mie­se re­dak­teur by Bu­si­ness Day aan­ge­sluit en het in 2014 be­dank om oor ’n bre­ër reeks on­der­wer­pe vir ver­skeie pu­bli­ka­sies in Suid-a­fri­ka en B­rit­tan­je te skryf.

Ro­bot Sophia is ’n mens­ag­ti­ge ro­bot en ’n bur­ger van Sa­oe­di-ara­bië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.