BMW i8 Ro­ad­ster: E­ko­vrien­de­li­ke af­slaan­kap

Hier­die e­lek­tries-hi­bri­die­se voer­tuig le­wer rat­se sport­mo­tor­werk­ve­rig­ting.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kolskoot Motors -

’nAf­slaan­kap-su­per­mo­tor is ’n be­son­der­se sta­tus­sim­bool. Maar kan dit ook van ’n e­ko­vrien­de­li­ke af­slaan­kap-su­per­mo­tor ge­sê word? Het só ’n ma­sjien die­self­de aan­trek­kings­krag om sta­tus weer te gee?

Wat die aan­lok­li­ke BMW i8 Ro­ad­ster be­tref, is die kort ant­woord ja.

Die i8 Ro­ad­ster, ’n twee­sit­plek-af­slaan­kap, is sui­wer aan­trek­lik­heid. As daar nou iets is wat soos ’n su­per­mo­tor lyk, is dit hier­die e­lek­tries-hi­bri­die­se in­prop­sport­mo­tor met sy fu­tu­ris­tie­se voor­koms.

Dis ’n mo­tor wat die oog vang, met die bui­te­kant wat sy man­haf­tig­heid uit­stal.

Die lae, breë en e­le­gan­te BMW i8 Ro­ad­ster, met sy krag­ti­ge wiel­nis­se en im­po­san­te ag­ter­kant, is ’n vi­su­e­le fees. En wan­neer die sag­te dak af­ge­slaan is en die vleu­el­deu­re op­styg, val dit selfs meer op.

Die voor­koms is dus uit­ne­mend, en dit geld ook dié sport­mo­tor se groen werk­ver­rig­ting.

On­danks sy sterk en vrees­lo­se vorm, bied hy ook eko-kwa­li­tei­te. As ’n hi­bri­die­se sport­mo­tor het die i8 Ro­ad­ster die voor­deel van twee krag­bron­ne: ’n e­lek­trie­se mo­tor en ’n tur­bo­aan­ge­jaag­de drie­si­lin­der-bin­ne­brand­en­jin van 1,5 li­ter.

Dit bied ’n krag­ti­ge kom­bi­na­sie van rats­heid en uit­ne­men­de werk­ver­rig­ting, en is ter­self­der­tyd groen.

Mens kan nie sy ui­ters aan­trek­li­ke voor­koms ont­ken nie. Maar werk­ver­rig­ting is ’n nood­saak­li­ke ei­en­skap om die toe­koms van e­ko­vrien­de­li­ke su­per­mo­tors te ver­se­ker. En die i8 Ro­ad­ster stel nie te­leur nie.

Ruim­te­as­pek­te

Om in en uit dié lae prag­ding met sy hoë vleu­el­deu­re te klim, is iet­wat min­der ver­fynd en moei­te­loos as wat mens sou wou hê. Maar wees ge­rus: Men­se sal waar­skyn­lik al hul oë op die mo­tor, eer­der as op jou, hê. In­dien hul­le wel vir jou kyk, is dit uit ja­loe­sie.

Die luuk­se ka­juit vou om jou soos ’n hand­skoen.

Die nou­pas­sen­de leer­sit­plek­ke het stan­daard ver­hit­ting. Die leer sport stuur­wiel met mul t i-funk­si­o­ne­le knop­pies het ook rat­wis­sel­spa­ne om met die hand van rat te kan ver­an­der. Be­ken­de Bm­wrat­wis­se­ling maak die wer­king van die ma­sjien in­tu­ï­tief. Dit be­te­ken nie dat hy nie die jong­ste teg­no­lo­gie het nie – dit het hy in oor­maat.

Die i8 Ro­ad­ster is toe­ge­rus met ’n heel­te­mal di­gi­ta­le mul­ti-funk­si­o­ne­le in­stru­ment­pa­neel en vry­staan­de skerm van 8.8 duim wat al­les van die na­vi­ga­sie­stel­sel tot die groot ver­skei­den­heid in­lig­ting ver­maak-en kon nek t i wit ei t aan­bie­dings wys.

Die reeks ka­me­ra ge­gron­de stan­daard stel­sels vir be­stuur­der by­stand sluit in’ n spoed re­ë­laar me trem funk­sie, bot­sing-en voet­gan­ger waar­sku­wing met stads rem funk­sie, par­keer af­stand­be­heer, hoë straal by­stand, spoed perk in­lig­ting, waar­on­der die ver­to­ning van moe­nie-ver­by­steek-nie-in­lig­ting en kan­ten bo­aan­sig­funk­sies.

Die i8 Ro­ad­ster se twee by­ko­men­de mi­ni-sit­plek­ke is werk­lik net vir klein­tjies be­doel, maar ek was vas­be­slo­te om self die be­skeie ag­ter­ruim te toets.

As daar nou iets

is wat soos ’n

su­per­mo­tor lyk, is dit hier­die e­lek­tries-hi­bri­die­se in­prop­sport­mo­tor

met sy fu­tu­ris­tie­se voor­koms.

Die i8 Ro­ad­ster het die voor­deel van twee krag­bron­ne: ’n e­lek­trie­se mo­tor en ’n driesil­lin­der- 1,5 li­ter tur­bo-aan­ge­jaag­de bin­ne­brand­en­jin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.