Gru­wel­ver­haal ken geen ein­de

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

S­tein­hoff het weer eens nie re­sul­ta­te op Sens ge­pu­bli­seer nie, maar net ’n ska­kel na die re­sul­ta­te. Dit moet op sig­self ’n waar­sku­wing vir aan­deel­hou­ers wees. Die JSE ver­se­ker my dat dit al­les wet­tig is en dat hy ’n af­skrif daar­van hou, wat vol­gens my aan­deel­hou­ers heel­te­mal on­der­myn. Die re­sul­ta­te self is ’n gru­wel­ver­haal en sê nie dat dié maat­skap­py be­leg­gings­graad is nie. Die ver­lies oor ses maan­de was €599 mil­joen, maar wat die oog ge­vang het, was e­kwi­teit, wat teen ein­de Maart 2017 €16,6 mil­jard was en teen Maart 2018 tot €3,793 mil­jard te­rug­ge­sak het. Dus het e­kwi­teit van by­kans €13 mil­jard ver­dwyn. Tas­ba­re net­to ba­te­waar­de (TNBW) is on­ge­veer mi­nus €5,2 mil­jard, ter­wyl be­dryfs­ba­tes on­ge­veer €53 mil­jard is, en be­dryfs­las­te is €14,5 mil­jard. Ek meen dat die bes­te hoop hier ’n uit­ruil van skuld vir e­kwi­teit is – wat tot ’n e­nor­me ver­wa­te­ring vir be­staan­de aan­deel­hou­ers sal lei. Die sleg­ste sce­na­rio is ban­krot­skap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.