R1,6 mil­jard

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kortliks -

Te­chcen­tral het op 20 Ju­lie be­rig dat “die uit­voe­ren­de hoof van Nas­pers [Bob van Di­jk] in die 2018-boek­jaar tot 31 Maart ’n sa­la­ris, bo­nus­se en ge­ves­tig­de aan­deel­op­sies en ap­pre­si­a­sie­reg­te van by­na R1,5 mil­jard ont­vang het”. Op 23 Ju­lie het Bu­si­ness Day ’n sy­fer van R1,6 mil­jard ge­noem. Ai­leen O’toole, men­se­hulp­bron­hoof van Nas­pers, het eg­ter op 25 Ju­lie in ’n brief aan koe­ran­te op die be­rig­te ge­re­a­geer en ge­sê “die ver­goe­ding van die uit­voe­ren­de hoof word ver­keerd ver­staan”. Vol­gens O’toole is die be­rig­te nie ak­ku­raat nie om­dat Van Di­jk nog nie sy aan­deel­op­sies uit­ge­oe­fen het nie. O’toole aan Fin24 ge­sê “Bob van Di­jk se al­ge­he­le kon­tant­ver­goe­ding vir die jaar was $2,4 mil­joen [so­wat R32 mil­joen]. Dit plaas sy al­ge­he­le kon­tantont­vangs­te in die la­er deel van die kon­tant­ver­goe­ding­skaal van in­ter­na­si­o­na­le be­dryf­sme­de­din­gers. Geen van sy aan­deel­ge­gron­de aan­spo­rings, selfs dié wat ge­ves­tig het, is te gel­de ge­maak nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.