S­kou­spel­ag­ti­ge di­vi­dend in die voor­uit­sig?

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kortliks In Die Nuus -

Nie te lank ge­le­de nie was Me­ra­fe Re­sour­ces ’n klein maat­skap­py­tjie met ’n groot skuld­las. Hy was mid­de-in ui­ters ge­demp­te mark­toe­stan­de weens ’n af­na­me in die vraag na vlek­vrye staal, die pro­duk waar­in die chroom wat Me­ra­fe pro­du­seer mees­al ge­bruik word.

Die re­de vir sy skuld was dat hy daar­toe ver­bind was om sy aan­deel van een vyf­de in Li­on II, ’n groot fer­ro­chroom­uit­brei­ding, te fi­nan­sier met die res van die aandele wat G­len­co­re be­sit. G­len­co­re, ’n e­nor­me groep wat uit S­wit­ser­land werk, het geen probleem ge­had om sy deel te fi­nan­sier nie, maar Me­ra­fe was an­ders. In ’n sta­di­um het hy skuld van R600 mil­joen op sy ba­lans­staat ge­had.

’n Aan­dui­ding van hoe vin­nig die ho­ër chroom­prys Me­ra­fe ge­help het, is dat sy skuld op 31 De­sem­ber op net meer as R400 mil­joen ge­staan het. Ont­le­ders sê die aan­deel is om dié re­de die moei­te werd om te be­sit. Dit is on­danks Me­ra­fe se aan­dui­ding van ma­tig la­er tus­sen­tyd­se ver­dien­stes ná ’n da­ling in chroom­pry­se.

Ont­le­ders meen eg­ter be­sten­di­ger chroom­pry­se op me­di­um­ter­myn en Me­ra­fe se kos­te­voor­deel nou­dat die op­bou van Li­on II af­ge­han­del is, be­te­ken die maat­skap­py sal in staat wees om in die toe­koms be­sten­di­ge voor­be­las­te ver­dien­stes te le­wer. Vrye kon­tant­vloei van R400 mil­joen word van die 2018-boek­jaar tot die 2022-boek­jaar voor­spel.

“Die be­stuur het voor­heen op die moont­lik­heid van ’n spe­si­a­le di­vi­dend of te­rug­koop van aandele ge­sin­speel as ’n by­ko­men­de ma­nier om aan aan­deel­hou­ers kon­tant te­rug te gee,” sê ’n bank wat nie toe­ge­laat word om met die me­dia te praat nie.

“Uit on­lang­se in­ter­ak­sie met be­leg­gers merk ons dat die moont­lik­heid van ’n ho­ër uit­keer­ver­hou­ding in die lig van be­sten­di­ge sa­ke­pres­ta­sie ’n be­lang­ri­ke oor­we­ging in die saak vir ’n belegging in Me­ra­fe is.” (Lees ook blad­sy 17.) ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.