Lof­waar­di­ge deur­sig­tig­heid

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

Dis­tri­bu­ti­on and Wa­re­hou­sing Net­work (Da­wn) se jaar­ein­de­re­sul­ta­te is ver­skrik­lik, al het die ver­wa­ter­de ver­lies per aan­deel van 18,68c tot 10,7c ge­daal. Die re­sul­ta­te was am­per twee we­ke laat, en die maat­skap­py het twee han­dels­ver­slae én die re­sul­ta­te oor ’n tyd­perk van vier dae uit­ge­reik. Die mees­te maat­skap­pye wat reg­tig suk­kel, hou hul­self skaars en sê so min as moont­lik, so­dat aan­deel­hou­ers nie ’n wa­re be­oor­de­ling kan maak van die maat­skap­py en sy ver­moë om te oor­leef nie. Met Da­wn be­gin Ed­win He­witt, die be­trek­lik nu­we uit­voe­ren­de hoof, met ’n uit­voe­ri­ge brief van 1 200 woor­de aan aan­deel­hou­ers. Daar­in stel hy o­pen­lik die uit­da­gings en pro­ble­me by Da­wn. Hy draai nie doe­kies om nie en maak geen be­lof­tes wat hy nie kan na­kom nie. Hier­die pry­sens­waar­di­ge vlak van o­pen­baar­ma­king ver­skyn dwars­deur die re­sul­ta­te. Dit stel ook ’n voor­beeld aan an­der uit­voe­ren­de hoofde oor hoe om aan­deel­hou­ers werk­lik te be­trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.