On­se­ker­heid is nog te veel

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

S­tein­hoff het daar­in ge­slaag om ’n stil­stand te be­reik met skuld­te­rug­be­ta­lings, wat die maat­skap­py kans gee om a­sem te skep, maar hom ook met ’n ys­li­ke, gro­ter skuld laat. S­kuld­hou­ers het nie reg­tig e­ni­ge op­sies ge­had nie. As daar teen­kan­ting teen die vas­stel­lings­oor­een­koms was, sou S­tein­hoff in­een­ge­stort het. Maar nou ja, dit is be­reik, en dit is ’n red­dings­tou vir die maat­skap­py. Die aan­deel­prys het oor die af­ge­lo­pe we­ke am­per ver­drie­dub­bel ná ’n on­lang­se laag­te­punt van 107 sent. On­danks die oor­een­koms stel ek steeds nie be­lang om die aan­deel te koop nie. Die ri­si­ko is steeds teen­woor­dig. Die erg­ste sce­na­rio is ban­krot­skap, ter­wyl die bes­te uit­koms ’n mas­sie­we ver­wa­te­ring is waar die maat­sap­py die skuld vir e­kwi­teit ver­ruil. Die har­de werk­lik­heid is dat daar nog baie on­be­ken­de fak­to­re is wat van e­ni­ge rig­ting kan kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.