Eie me­ning: ASHMID, Sappi

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud -

Daar word baie ge­praat oor hoe goed­koop klein- en mid­del­ka­pi­taal­aan­de­le is. Pry­se is ge­demp, maar ver­dien­ste het in baie ge­val­le ge­groei. Waar­da­sies is dus aan­trek­lik. Tog is die Mid­cap-in­dex se­dert die hoog­te­pun­te van Ja­nu­a­rie on­ge­veer 14% la­er.

’n Mens kan ver­skeie klein- en mid­del­ka­pi­taal­aan­de­le koop, maar die ge­vaar is dat jy die ver­keer­des koop. Daar­om is die Mid­cap-beurs­ver­han­del­de fonds (ETF), ASHMID, ’n goeie op­sie, maar ook nie son­der ri­si­ko’s nie.

As mark­te ag­gres­sief ver­koop, sal die klein aandele daar­on­der ly – som­mer baie.

En die vraag is wat sal aan­lei­ding gee tot ’n ho­ër aan­slag van die sek­tor. La­er waar­da­sies help nie. Wat ge­woon­lik ge­beur, is dat dié sek­tor be­weeg na­dat die gro­ter aandele ge­loop het. Be­leg­gers druk die groot­ka­pi­taal­aan­de­le ho­ër en dan, as hul­le be­gin voel dié aandele is oor­waar­deer, be­gin hul­le na die klei­ner aandele kyk. Op dié ma­nier be­gin ’n her­stel in die sek­tor.

’n Lo­pie deur hier­die ETF lê dus waar­skyn­lik nog taam­lik ver in die toe­koms, maar as die ris­kan­te por­te­feul­jes ’n po­si­sie be­gin bou, kan dit oor die vol­gen­de paar jaar ’n goeie op­brengs le­wer – maar dit is nie son­der ri­si­ko’s nie. ■

1 Die M 4 id­cap- % in­deks sak se­dert Ja­nu­a­rie se hoog­tes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.