En­tre­pre­neur: Fiks­heid steek nu­we gren­se oor

Deur die ge­bruik van e­lek­tro­nie­se spier sti­mu­la­sie teg­no­lo­gie i s’ n be­skeie huis­hou­de­li­ke fiks­heid s on­der­ne­ming in’ n in­ter­na­si­o­na­le fran­chi­se- han­dels­merk om­skep.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud -

die ho­lis­tie­se fiks­heids­maat­skap­py Bo­dy20 het in 2013 in Ber­tus Al­bert­se se braai­ka­mer be­gin, maar se­dert­dien in ’n groot fran­chi­se-on­der­ne­ming ont­wik­kel met by­na 40 af­set­pun­te in Suid-a­fri­ka, drie in Na­mi­bië en drie – bin­ne­kort vier – in A­me­ri­ka. Die maat­skap­py is in 2017 as nu­we­ling van die jaar en in 2018 as die fran­chi­se­hou­er van die jaar aan­ge­wys in die Fran­chi­se As­so­ci­a­ti­on of South A­fri­ca (Fa­sa) se toe­ken­nings vir uit­ne­mend­heid in die fran­chi­se­be­dryf. Al­bert­se het met

fin­week gesels.

Wan­neer het jy Bo­dy20 be­gin?

Ek het Bo­dy20 in 2013 be­gin na­dat ek by ’n fiks­heid­seks­po aan oe­fen­teg­no­lo­gie be­kend ge­stel is. As ’n lig­gaams­bou­er wat aan kom­pe­ti­sies deel­neem, die SA ju­ni­or ti­tel ge­wen het en in­ter­na­si­o­naal mee­ding, het ek toe al van die teg­no­lo­gie ge­hoor, maar voor­heen het dit vir my te goed ge­klink om waar te wees.

My eer­ste oe­fen­ses­sie by die eks­po het eg­ter vir my ’n lig laat op­gaan. Ek het be­sef dié teg­no­lo­gie het die po­ten­si­aal om die toe­koms van fiks­heid, soos ons dit ken, te ont­wrig. Oor 10 tot 20 jaar sal teg­no­lo­gie­se voor­uit­gang soos dié dit moei­lik maak om te glo men­se het eens op ’n tyd ure deur­ge­bring om (soms) ui­ters ska­de­li­ke en on­doel­tref­fen­de oe­fe­nin­ge te doen in ’n po­ging om fiks te bly.

Bo­dy20 se Ems-oe­fe­ning bring ’n om­wen­te­ling in die fiks­heids­be­dryf te­weeg deur dit vir men­se wat voor­heen te be­sig of te lui was mak­lik te maak om fiks te word en deur at­le­te soos on­der meer fiets­ry­ers, hard­lo­pers, rug­by­spe­lers en ten­nis­spe­lers in staat te stel om meer tyd te hê om hul fi­sie­ke ak­ti­wi­tei­te te ge­niet pleks daar­van om ure in ’n gim­na­si­um deur te bring om hul spie­re te ver­sterk.

Hoe ver­skil jou teg­no­lo­gie van die reeds be­skik­ba­re gor­dels vir e­lek­tro­nie­se spier­sti­mu­la­sie en die teg­no­lo­gie wat men­se uit hul hui­se ver­huur het en ver­on­der­stel was om te help om sel­lu­liet te ver­min­der en spier­to­nus te ver­be­ter?

Die be­gin­sels van Ems-teg­no­lo­gie is nie nuut nie. Dit is in die 18de eeu deur die I­ta­li­aan­se ge­nees­heer Lui­gi Gal­va­ni ont­dek, toe hy ge­sien het ’n pad­da se spie­re trek saam in re­ak­sie op ’n e­lek­trie­se prik­kel.

Soos al­le an­der teg­no­lo­gieë het EMS die af­ge­lo­pe de­ka­de groot voor­uit­gang ge­maak en tot baie be­ter fiks­heids­re­sul­ta­te ge­lei as wat al­mal voor­heen ge­dink het moont­lik is. Die nu­we ge­ne­ra­sie Ems-teg­no­lo­gie is in 2007 in Duits­land ont­wik­kel en het die ont­wik­ke­ling van ver­skeie Oos-eu­ro­pe­se ver­vaar­di­gers aan­ge­help om die Ems-oe­fen­be­dryf wê­reld­wyd in die snel­groei­end­ste fiks­heids­be­we­ging te om­skep.

Hoe ge­bruik jy die toe­stel?

Die Ems-oe­fen­toe­stel word ge­kop­pel aan ’n baad­jie met e­lek­tro­des wat die deel­ne­mers dra ter­wyl hul­le aan ’n straw­we oe­fen­ses­sie van 20 mi­nu­te deel­neem. Die toe­stel sit agt be­lang­ri­ke ske­le­ta­le spier­groe­pe aan die gang deur­dat ak­sie­po­ten­si­aal te­ge­ly­ker­tyd ge­ge­ne­reer word deur e­lek­tro­de­kus­sings in die uit­rus­ting. Dit be­te­ken die toe­stel ver­oor­saak sa­me­trek­kings wat glad nie ver­skil van dié wat ty­dens weer­stands­oe­fe­nin­ge ge­pro­du­seer word nie, soos met ge­wig­op­tel en op­sto­te. Pleks daar­van om net par­ty spie­re te i­so­leer en in te span, kry jy ’n vol­le­di­ge oe­fen­ses­sie vir jou he­le lyf met dié oe­fe­nin­ge.

Wat het jy ge­doen voor­dat jy Bo­dy20 be­gin het?

Ek het taam­lik arm groot­ge­word. Ons moes soms in mo­tors slaap en het soms heen en weer by vrien­de en

fa­mi­lie ge­woon, tot­dat my ma met my stief­pa ge­trou het. Op skool het ek a­ka­de­mies en in sport uit­ge­blink, maar nie reg­tig ge­weet wat ek na skool wou doen nie. My ma het my aan­ge­moe­dig om me­dies te gaan stu­deer, dus het ek vir ’n Bsc-graad aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch in­ge­skryf.

Ek het goed ge­doen in die kur­sus, maar toe raak my mei­sie (in daar­die sta­di­um) swan­ger en als kom tot stil­stand. Ek het op u­ni­ver­si­teit deel­tyds in ver­ko­pe ge­werk deur aan­vul­lings in die u­ni­ver­si­teit se plaas­li­ke ap­teek te ver­koop, maar toe ek skie­lik ’n ge­sin ge­had het, moes ek iets meer wins­ge­wend vind. Die probleem was dat my loop­baan­voor­uit­sig­te met net ’n Bsc-graad nie te waf­fers sou wees nie en om­dat ek my stu­die moes op­skop, was my voor­uit­sig­te selfs sleg­ter. Ek het be­sef die bes­te ding wat ek kon doen, was om my eie be­sig­heid te be­gin.

Ver­tel ons van jou an­der on­der­ne­mings?

Ter­wyl ek aan­vul­lings by die ap­teek ver­koop het, het twee van my vrien­de die­self­de ge­doen. In 2009 be­gin ons toe ons eie aan­vul­lings­maat­skap­py, S­tel­len­bosch Nutri­ti­on. Ons ag­ter­gron­de in we­ten­skap en me­di­sy­ne, pas­sie vir men­se en die e­nor­me net­werk wat ons op­ge­bou het ter­wyl ons by die plaas­li­ke ap­teek ge­werk het, het ons in staat ge­stel om ’n waar­de-toe­ge­voeg­de diens te le­wer waar ons vir el­ke kli­ënt doel­ont­werp­te raad kon gee. Ons het elk­een so­wat R20 000 in die nu­we on­der­ne­ming be­lê.

Die maat­skap­py het in ’n sta­di­um elf af­set­pun­te in ver­skil­len­de de­le van die land ge­had. Ons het selfs ons eie reeks aan­vul­lings ont­wik­kel. Die mark het eg­ter in on­ge­veer 2012 oor­ver­sa­dig ge­raak toe groot­maat-ap­te­ke soos Dis-chem be­gin het om aan­vul­lings teen ui­ters me­de­din­gen­de pry­se te ver­koop, wat die on­af­hank­li­ke han­de­laars ge­knou het. Ons het ’n be­ter diens as dié maat­skap­pye ge­le­wer, maar ons kon nie mee­ding met hul pry­se, dank­sy skaal­be­spa­rings, nie.

Ek is weg by die maat­skap­py toe ek be­sef het ek sal vir e­wig daar net self­werk­saam wees. Ek wou ’n sa­ke-ei­e­naar wees, waar ek skaal en wins sou ge­ne­reer uit die waar­de wat ek skep. Een van die fou­te wat ons ge­maak het, was dat die an­der af­set­pun­te nie as ’n be­hoor­li­ke fran­chi­se-stel­sel be­dryf is nie, so ek is daar weg met so te sê niks nie.

Waar het jy fi­nan­sie­ring ge­kry om Bo­dy20 te be­gin?

Op u­ni­ver­si­teit het ’n vriend se pa voor­ge­stel dat ek el­ke maand geld in ’n be­leg­gings­fonds weg­sit. Ek kon dié geld toe ge­bruik om die eer­ste ge­ne­ra­sie van die Ems-oe­fen­toe­stel te koop. Dit het so­wat R220 000 ge­kos – my vrou het des­tyds ge­spot dat dit een van die duur­ste fiks­heid­speel­goed was wat ek ooit ge­koop het. Op die ou end het dit ge­blyk een van my bes­te be­leg­gings ooit te wees.

Hoe het jy tot dus­ver die maat­skap­py be­mark?

Ek het my daar­op toe­ge­spits om ’n han­dels­merk te ont­wik­kel met ’n sto­rie waar­by al­mal kan aan­klank vind. Men­se koop veel eer­der by men­se wat pas­sie­vol is oor hul pro­duk­te en diens­te en die voor­de­le van die ge­bruik daar­van uit­leef. Ek is i­de­aal daar­voor van­weë my ag­ter­grond en die feit dat ek pas­sie­vol daar­oor is om men­se te dien.

Jy gaan van­dag nie baie ver kom deur bloot die voor­de­le van ’n pro­duk te ver­koop of ver­ko­pe en af­slag te ge­bruik om ’n mark­voor­sprong te ver­kry nie.

Wat was Bo­dy20 se groot­ste deur­braak?

My aan­vank­li­ke ge­dag­te was een­vou­dig om die oe­fe­ner­va­ring met an­der te deel. Toe maak ek my braai­ka­mer leeg en kry een kli­ënt op ’n slag wat die Ems-oe­fen­toe­stel ty­dens ’n oe­fen­ses­sie ge­bruik. Ná so­wat ’n maand se oe­fe­ning, so teen ein­de 2013, het ’n kli­ënt voor­ge­stel dat ek sy leë kan­toor­ruim­te in Brac­ken­fell ge­bruik om skaal by die on­der­ne­ming te voeg. Só is die eer­ste Bo­dy20 S­tu­dio ge­bo­re, wat van­dag steeds be­staan.

Bin­ne en­ke­le maan­de was par­ty van die kli­ën­te so be­ïn­druk met die re­sul­ta­te wat hul­le in die oe­fen­ses­sies be­haal het, dat hul­le my ge­vra het om die on­der­ne­ming in ’n fran­chi­se te om­skep – iets wat ek nooit voor­heen oor­weeg het nie, maar dit het goeie sa­ke­sin ge­maak. Die mees­te van ons fran­chi­se-ei­e­naars was in die een of an­der sta­di­um lid van een van ons s­tu­dio’s.

Hoe het die on­der­ne­ming ver­an­der se­dert dit in ’n fran­chi­se ver­an­der het?

Om ’n fran­chi­se te ont­wik­kel is baie meer as net ’n uitbreiding van jou aan­vank­li­ke on­der­ne­ming. Waar jy voor­heen op die be­stuur van ’n s­tu­dio moes kon­sen­treer, moet jy nou fo­kus op die ei­e­soor­ti­ge uit­da­gings wat al­le fran­chi­se-ei­e­naars in die ge­sig staar. Vir die on­der­ne­ming om suk­ses­vol te wees, moet jy as ’n sa­ke-ei­e­naar rig­ting en steun gee en hul­le moet by die re­ëls en stan­daar­de hou tot voor­deel van die he­le groep.

Dit was vir my als nu­we ter­rein, maar ek het ver­skeie boe­ke ge­lees om my te be­mag­tig, soos Ro­bert Kyo­sa­ki se Rich dad, Poor dad, Si­mon Si­nek se S­tart with why?

Ek het my daar­op

toe­ge­spits om ’n

han­dels­merk te ont­wik­kel met ’n sto­rie waar­by al­mal kan aan­klank vind.

CW Pie­ter­se be­sit ’n Bo­dy20-fran­chi­se in Brook­lyn.

Die toe­stel­le wat vir e­lek­tro­nie­se spier­sti­mu­la­sie (EMS) ge­bruik word, het die af­ge­lo­pe de­ka­de baie ver­be­ter.

Die Ems-oe­fen­toe­stel word ge­kop­pel aan ’n baad­jie met e­lek­tro­des, wat die deel­ne­mers dra ter­wyl hul­le vir 20 mi­nu­te lank ’n veel­ei­sen­de oe­fen­ses­sie on­der­gaan.

Ber­tus Al­bert­se Stig­ter en uit­voe­ren­de hoof van Bo­dy20

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.