Ku­ber­kra­king hys rooi vlae

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

Li­ber­ty se re­sul­ta­te het nie veel ge­bied nie, maar dit toon wel dat die da­ling oor die af­ge­lo­pe paar jaar ge­stuit is. Die uit­da­ging is nou om die on­der­ne­ming te laat groei in ’n ui­ters me­de­din­gen­de mark waar ver­brui­kers on­der druk ver­keer en nie juis lang­ter­myn­ver­se­ke­ring koop nie. Die maat­skap­py het nie die on­lang­se ku­ber­kra­king ge­noem nie, wat ge­beur het in die tyd­perk wat die re­sul­ta­te dek. Aan­deel­hou­ers en kli­ën­te ver­dien be­ter. Ek weet Li­ber­ty be­na­druk aan­hou­dend dat dit net e-pos­se en mis­kien aan­heg­sels was wat met die bin­ne­drin­ging ge­steel is, maar dink net aan die ver­trou­li­ke per­soon­li­ke in­lig­ting wat kli­ën­te per e-pos aan ’n lang­ter­myn­ver­se­ke­raar s­tuur. Dit is nie ’n ri­si­ko­vrye si­tu­a­sie vir kli­ën­te wat ge­raak is nie – selfs al is geen fond­se reg­streeks in ge­vaar ge­stel nie, is i­den­ti­teits­be­drog werk­lik ’n moont­lik­heid en Li­ber­ty be­hoort aan­dag daar­aan te skenk. In plaas daar­van lyk dit of die maat­skap­py pro­beer voor­gee dat dit nooit ge­beur het nie. Vir my is dit ge­noeg om van die aan­deel weg te bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.