Ver­wag ’n goeie di­vi­dend la­ter

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

BHP* het sy bin­ne­land­se A­me­ri­kaan­se o­lie- en gas­ba­tes vir $10,2 mil­jard ver­koop na­dat hy dit in 2011 vir on­ge­veer $12 mil­jard ge­koop het. Dit is dus nog ’n s­leg­te tran­sak­sie, maar dié keer is dit nie ’n al­ge­he­le ramp nie. Die maat­skap­py sê dat sy net­to skuld aan die on­der­punt van sy tei­ken­s­trek is, dus is ’n spe­si­a­le di­vi­dend moont­lik uit die op­brengs van die ver­koop­s­tran­sak­sie, wat ef­fens min­der as $5 per aan­deel ver­teen­woor­dig. Ek glo nie ons gaan ’n groot spe­si­a­le di­vi­dend sien nie, maar ons kan be­slis ’n goeie di­vi­dend la­ter van­jaar ver­wag.

Fay­et­te­vil­le-ska­lie, Ar­kan­sas, VSA.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.