S­ta­dig na nê­rens op pad

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

Coro­na­ti­on se be­stuur­de ba­tes (AUM) stag­neer steeds. Aan die ein­de van Ju­nie was sy AUM R602 mil­jard. Dit is al se­dert die 2014 fi­nan­si­ë­le jaar om en by die R600 mil­jard-kerf, met ’n hoog­te­punt van R617 mil­jard vir die fi­nan­si­ë­le jaar ge­ëin­dig 2017. Die plaas­li­ke mark het oor die tyd­perk on­ge­veer die­self­de ge­vaar – dit gaan s­ta­dig nê­rens nie. Maar ak­tie­we be­stuur­ders be­hoort die mark te klop (dit is hul re­de waar­om hul­le bestaan). Óf Coro­na­ti­on klop nie die mark nie, óf hy er­vaar steeds uit­vloei­ings van AUM. Per slot van re­ke­ning, is die maat­skap­py ’n voor­aan­staan­de ba­te­be­stuur­der in ont­lui­ken­de mark­te met ’n di­vi­dend-op­brengs van meer as 7%. Maar hy sal mark­klop­pen­de op­brengs­te moet be­gin le­wer en sy AUM moet groei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.