Sien die bos van­weë die bo­me

Die ver­moë wat Suid-a­fri­ka se pa­pier- en pulp­maat­skap­py Sappi aan die dag ge­lê het om van rig­ting te ver­an­der toe die wê­reld­mark vir gra­fie­se pa­pier – des­tyds sy ver­naam­ste pro­duk – in duie ge­stort het, het hom ge­help om die groot­ste pro­du­sent van op­los­pu

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kolskoot -

i“ditn die 1980’s het Sappi sy Saic­cor Mill, ’n op­lo­spulp-meu­le suid van Dur­ban, aan­ge­skaf.

was nie die fo­kus nie. Dit het los ge­staan in die Sappi-groep,” sê S­te­ve Binnie, uit­voe­ren­de hoof van Sappi.

Sappi se hoof­fo­kus des­tyds was gra­fie­se pa­pier, of­te­wel “be­stryk­te fyn pa­pier” wat vir druk­en skryf­doel­ein­des ge­bruik word. Die maat­skap­py was met groot uit­brei­dings in dié mark be­sig.

“Gra­fie­se pa­pier was toe heel sexy,” ver­dui­de­lik Binnie. “Ons pa­pier is des­tyds hoof­saak­lik ge­bruik vir ad­ver­ten­sie­bil­jet­te, glans­tyd­skrif­te, ka­ta­lo­gus­se en bro­sju­res vir luuk­se pro­duk­te.”

In­tus­sen het die Saic­cor-meu­le stil­weg voort­ge­gaan.

Die op­lo­spulp-meu­le het sy eie be­stuur­span ge­had en was nie by Sappi in­ge­ska­kel nie. “Die meu­le het be­sten­dig voort­ge­gaan en die be­sig­heid lang­sa­mer­hand op­ge­bou.”

Maar toe “stort gra­fie­se pa­pier in duie”, sê Binnie. “Die wê­reld het ver­an­der. Di­gi­ta­le en slim­fo­ne het hul op­wag­ting ge­maak...en toe tref die wê­reld­wye fi­nan­si­ë­le kri­sis ons in die laat 2000’s. Dit als het ge­wel­di­ge druk op Sappi ge­plaas.”

Sappi se uit­brei­ding in gra­fie­se pa­pier het ’n groot skuld­las op sy ba­lans­staat mee­ge­bring.

“Skie­lik het ons met al hier­die ver­moë ge­sit in ’n mark wat baie klei­ner ge­word het.”

Die wees­kind van vroe­ër, die Saic­cor-meu­le, het skie­lik be­lang­ri­ker en se­dert­dien toe­ne­mend wins­ge­wen­der ge­word en in groot­te meer by die

“Ons het ’n i­de­a­le si­tu­a­sie waar ons ’n uit­ste­ken­de pro­duk hier in

Suid-a­fri­ka maak. Ons doen dit teen ’n taam­lik lae kos­te. Ons be­skik reeds oor lank ge­ves­tig­de ver­hou­din­ge met sleu­tel­kli­ën­te . . . die mark groei . . . dus wil ons in groei in­ves­teer.”

res van Sappi in­ge­pas. Dit is by dié meu­le waar die maat­skap­py R2,7 mil­jard gaan in­ves­teer om pro­duk­sie­ver­moë te ver­groot, soos ein­de Ju­lie aan­ge­kon­dig is.

’n Wê­reld­lei­er

Sappi het ver ge­kom se­dert hy in 2011 ’n groot her­struk­tu­re­rings­pro­ses aan­ge­pak het (sien kas­sie), maar se­dert­dien het hy die wê­reld se groot­ste pro­du­sent van op­lo­spulp ge­word – hy pro­du­seer 1,3 mil­joen ton, of 18%, van die wê­reld­vraag van ru­weg 7 mil­joen ton.

So­wat 1 mil­joen ton van Sappi se ver­moë word in Suid-a­fri­ka ge­pro­du­seer en 750 000 ton by Saic­cor.

Op­lo­spulp word in teks­tie­le ge­bruik. Binnie be­skryf dit as ’n “eks­klu­sie­we teks­tiel­pro­duk wat met ka­toen mee­ding”. Vis­ko­se word vol­gens Binnie as ’n vol­hou­ba­re pro­duk be­skou en is ’n pro­duk “wat a­sem­haal – en baie sag op die vel is. Vir vrou­e­drag is dit ui­ters ge­wild, want dit is sag.”

Die in­ter­na­si­o­na­le teks­tiel­mark groei teen so­wat 3% per jaar en staan tans op ru­weg 100 mil­joen ton, sê Binnie. Vis­ko­se het die af­ge­lo­pe paar jaar “dub­bel­sy­fer­groei” ge­toon.

“Dat ons in ’n sterk lei­ers­po­si­sie is, het vir ons groei­ge­leent­he­de ge­skep. Ons groot kli­ën­te be­plan al­mal om uit te brei.”

Sappi se ver­naam­ste mark is in C­hi­na en In­do­ne­sië.

Op die oom­blik is ver­moë Sappi se groot­ste uit­da­ging. “Ons is vol,” sê Binnie. “Ons moet kan by­hou by die vraag on­der ons kli­ën­te.”

Van­daar die uit­brei­dings­plan­ne by Saic­cor, wat ’n ver­moë van ru­weg 110 000 ton be­hoort by te voeg. Sappi voeg ook 50 000 ton by sy N­god­wa­na-meu­le in M­bom­be­la by.

“Ons het ’n i­de­a­le si­tu­a­sie waar ons ’n uit­ste­ken­de pro­duk hier in Suid-a­fri­ka maak. Ons doen dit teen ’n taam­lik lae kos­te. Ons be­skik reeds oor lank ge­ves­tig­de ver­hou­dings met sleu­tel­kli­ën­te . . . die mark groei ...dus wil ons in groei in­ves­teer.”

Om bykomende ver­moë te bou, kos eg­ter na­ge­noeg $2 000 per ton, sê Binnie, en ver­dui­de­lik dat die vraag be­gin het om die aan­bod te oor­skry, daar­om het pulp­pry­se (sag­te­hout-, har­de­hout- en op­lo­spulp) “die af­ge­lo­pe klom­pie ja­re skerp ge­styg”.

Om ver­moë te bou deur van ek­ster­ne ge­leent­he­de ge­bruik te maak, het daar­om baie duur­der ge­word, sê hy. “Ons moes dus steun op dit wat ons in­tern kan doen.

“Dit is nie goed­koop nie, en ons moet re­ke­ning hou met die feit dat ons steeds skuld op ons ba­lans­staat het. Ons wil ook nie die­self­de fout as in die ver­le­de maak en die maat­skap­py se skuld­ver­hou­ding te hoog maak nie. Mens moet dus ’n ui­ters ver­sig­ti­ge ba­lan­seer­toer­tjie uit­voer.”

Sappi meen hy kan teen 2025 se kant sy pro­duk­sie tot 2,5 mil­joen ton op­stoot.

“Ons moet uit­werk hoe ons dit gaan doen

Sappi se Saic­cor Mill suid van Dur­ban.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.