Ge­skie­de­nis van swak wa­ter­be­stuur

Is om te help om Suid-a­fri­ka se hui­di­ge en toek Die Le­so­tho-hoog­land­wa­ter­pro­jek, wat ver­on­der­stel ri­si­ko van ’n wa­ter­te­kort laat loop. ske­ma ja­re ag­ter laat raak het en die land die

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - News -

daar word ver­wag dat die vraag na wa­ter in Suid-a­fri­ka die aan­bod in 2030 met 17% gaan oor­skry, en die uit­wer­king van aard­ver­war­ming dreig om meer ste­de son­der ’n toe­rei­ken­de voor­raad te laat. Hoe­wel Kaap­stad se wa­ter­kri­sis wel­be­kend is, het Gau­teng, die hart­land van Suid-a­fri­ka se e­ko­no­mie, sy eie wa­ter­te­kort­kwes­sies wat ver­er­ger word deur groot ver­tra­gings in fa­se II van die Le­so­tho­hoog­land­wa­ter­pro­jek (LHWP).

Die eer­ste deel van fa­se II van die LHWP moes in 2018 in wer­king ge­tree het, maar is tot 2025 uit­ge­stel. Fa­se II sal na ver­wag­ting die voor­sie­ning­sy­fer van 780 mil­joen m3 per jaar toe­ne­mend tot meer as 1,26 mil­jard m3 per jaar ver­hoog . (Sien sy­kas­sie.)

Suid-a­fri­ka ver­bruik tans tus­sen 15 mil­jard en 16 mil­jard m3 wa­ter per jaar, maar het ’n wa­ter­op­brengs van 15 m3 per jaar, vol­gens die raad­ge­wen­de fir­ma, G­reen Ca­pe se wa­ter­mark-in­tel­li­gen­sie­ver­slag van 2018.

Die om­ge­wings­ken­ner en wa­ter­des­kun­di­ge, An­tho­ny Tur­ton, sê die ver­tra­gings in die LHWP s­tel die Gau­teng­se pro­vin­sie in ge­vaar om wa­ter­te­kor­te tot 2025 te on­der­vind.

Mi­ke Mul­ler, pro­fes­sor by Wits se skool vir re­geer­kun­de en ’n voor­ma­li­ge di­rek­teur-ge­ne­raal van die de­par­te­ment van wa­ter­sa­ke, is dit eens met hom: “As ons in Gau­teng ’n droog­te soos Kaap­stad sou moes trot­seer, sal ons diep in die moei­lik­heid ge­wees het,” sê hy.

Die Suid-a­fri­kaan­se In­s­ti­tuut vir Ri­si­ko­be­stuur lys die wa­ter­kri­sis as die twee­de groot­ste ri­si­ko in Suid-a­fri­ka. Die groos­te ri­si­ko is sty­gen­de kor­rup­sie.

Vraag oor­skry aan­bod

Suid-a­fri­ka is die 30ste droog­ste land ter wê­reld en sy wa­ter­voor­raad is tans on­der groot druk. Tog staan die ge­mid­del­de per ca­pi­ta-ver­bruik op 233 li­ter per dag, ver­ge­le­ke met die in­ter­na­si­o­na­le maat­staf van 180 li­ter per dag.

Land­bou is die groot­ste ver­brui­ker en ge­bruik 62% van Suid-a­fri­ka se wa­ter­voor­raad, ge­volg deur mu­ni­si­pa­li­tei­te met 27%.

Ter­wyl Suid-a­fri­ka in 2002 amp­te­lik ’n wa­ter­te­kort-land ge­word het, is daar in 1988 laas ’n em­pi­rie­se stu­die ge­doen, vol­gens Tur­ton. On­lang­se na­vor­sing wat Mi­nis­ter van wa­ter en sa­ni­ta­sie Nom­vu­la Mo­ko­ny­a­ne Voor­ma­li­ge mi­nis­ter van wa­ter en sa­ni­ta­sie deur die Wa­ter­na­vor­sings­kom­mis­sie ge­doen is, toon dat Suid-a­fri­ka se wa­ter­hulp­bron­ne min­der is as wat die da­ta in 1988 aan­ge­dui het.

“Die sy­fer daal toe­ne­mend al hoe la­er,” sê Tur­ton. Hy sê dit steun die me­ning dat die uit­wer­king van kli­maats­ver­an­de­ring tans er­vaar word.

Groot be­leg­gings no­dig

Oor die vol­gen­de de­ka­de gaan be­leg­gings van meer as R70 mil­jard 'n jaar in wa­ter­in­fra­struk­tuur no­dig wees om die se­ker­heid van wa­ter­toe­voer te ver­se­ker. Ter­self­der­tyd sien Suid-a­fri­ka­ners dat die na­si­o­na­le de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie (DWS) ban­krot is.

Ja­re lank al is daar be­rig­te in die me­dia van kor­rup­sie met be­trek­king tot wa­ter­in­fra­struk­tuur. Vroe­ër van­jaar het die par­le­ment se staan­de ko­mi­tee oor o­pen­ba­re re­ke­nings (S­koor) be­sluit om ’n kom­mis­sie van on­der­soek aan te s­tel na die sake van die de­par­te­ment, wat na wat be­rig word in ’n fi­nan­si­ë­le kri­sis is.

Die nu­we mi­nis­ter, Gu­gi­le N­kwin­ti, wat by Nom­vu­la Mo­ko­ny­a­ne oor­ge­neem het, het aan S­koor ge­sê dat die hui­di­ge or­ga­ni­sa­to­rie­se struk­tuur in die de­par­te­ment dit by­kans on­moont­lik maak om ie­mand ver­ant­woor­de­lik te hou vir die ver­kwis­ten­de be­ste­ding van R686 mil­joen in die 2016-’17- fi­nan­si­ë­le jaar.

Die spe­si­a­le on­der­soek­een­heid is be­sig om si­vie­le stap­pe teen kon­trak­teurs en Dws-amp­te­na­re te doen om van die on­re­ël­ma­ti­ge uit­ga­wes te ver­haal ter­wyl die een­heid steeds som­mi­ge wa­ter­ver­wan­te sake on­der­soek.

N­kwin­ti het eg­ter in die o­pen­baar ge­sê dat hy die skuldige Dws-amp­te­na­re ’n twee­de kans gaan gee en hou vol dat hy hul­le nie gaan “ver­oor­deel” nie.

Mul­ler sê N­kwin­ti se be­sluit om die skuldige amp­te­na­re te ver­ge­we, be­te­ken dat die her­bou­ing van die de­par­te­ment sleg af­skop.

Op­po­si­sie-po­li­ti­ci dring daar­op aan dat die voor­ma­li­ge mi­nis­ter Mo­ko­ny­a­ne, wat nou die mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie is, ver­ant­woor­de­lik is vir die ge­mors.

Mo­ko­ny­a­ne het her­haal­de­lik ont­ken dat sy ge­du­ren­de haar amps­ter­myn iets ver­keerd ge­doen het en toe fin­week haar om kom­men­taar na­der, het haar woord­voer­der fin­week na pers­ver­kla­rings op die

R 7 0 mil­jard

Gu­gi­le N­kwin­ti

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.