On­der­han­del die ren­te­koers op jou huis­le­ning

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Voorblad Eiendomsbeleggings -

Ren­te­koer­se hang van die kli­ënt se in­di­vi­du­e­le ri­si­ko­p­ro­fiel en kre­diet­ge­skie­de­nis af, sê Non­du­mi­so N­ca­pai, hoof vir kli­ënt­stra­te­gie en -in­ter­ak­sie van Ab­sa Ho­me Lo­ans.

“’n Ge­son­de ek­ster­ne kre­diet­ge­skie­de­nis (kre­diet­bu­ro­p­ro­fiel) en in­ter­ne kre­diet­ge­skie­de­nis (per­soon­lik bank­por­te­feul­je) wat goed on­der­hou word, is sleu­teloor­we­gings wan­neer ’n ren­te­koers on­der­han­del of her­on­der­han­del word,” sê sy.

Die ren­te­koers op be­staan­de huis­le­nings kan in e­ni­ge fa­se van die bestaan van die huis­le­ning her­on­der­han­del word, sê N­ca­pai aan fin­week. Die uit­son­de­ring is bou­le­nin­gaan­soe­ke. “Kli­ën­te sal net hul ren­te­koers kan her­on­der­han­del na­dat die bou­le­ning heel­te­mal uit­be­taal is en waar kli­ën­te ’n vas­te koers ge­kies het,” sê N­ca­pai aan fin­week.

Die bank kan on­der­steu­nen­de in­lig­ting vra om die ren­te­koers te her­on­der­han­del, ver­al as die kli­ënt se ri­si­ko­p­ro­fiel ver­an­der het. As die waar­da­sie van die eiendom ge­styg het, kan ’n waar­da­sie ver­soek word waar­voor die kli­ënt moet be­taal, sê N­ca­pai.

Ban­ke ver­hoog die ren­te­koers van kli­ën­te wat ge­meen word ’n gro­ter ri­si­ko van wan­be­ta­ling het. Dit kan ’n bykomende “ver­se­ke­ring” [van twee tot vier per­sen­ta­sie­pun­te] be­te­ken wat ’n reu­se­be­drag by die huis­le­ning kan voeg.

Die ver­band­le­ning­koers is aan die pri­ma uit­leen­koers – tans 10% – ge­kop­pel. Guns­ti­ge koer­se is dié baie na aan pri­ma, pri­ma of selfs pri­ma mi­nus ’n hal­we per­sen­ta­sie­punt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.