R700 m.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kortliks -

Die SAUK skuld sy kre­di­teu­re na­ge­noeg R700 mil­joen, be­rig Bu­si­ness Day. Die o­pen­ba­re uit­saai­er, wat tans met die te­sou­rie on­der­han­del oor ’n staats­waar­borg van R3 mil­jard, loop nou die ge­vaar om nie sy man­daat te kan na­kom nie, be­rig die koe­rant. “Die per­so­neel en vry­skut­wer­kers se sa­la­ris­se word eer­ste be­taal, met in­houd­ver­skaf­fers die twee­de hoog­ste pri­o­ri­teit,” het Yo­lan­de van Bil­jon, on­langs aan­ge­stel­de fi­nan­si­ë­le hoof van die SAUK, vol­gens die koe­rant aan die par­le­ment ge­sê. “Re­ë­lings vir be­ta­ling is met die oor­bly­wen­de le­we­ran­siers, diens­ver­skaf­fers en kre­di­teu­re ge­tref. Die si­tu­a­sie het ein­de Ju­lie ver­sleg en in­houd­ver­skaf­fers is nie be­taal nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.