’n Goeie tran­sak­sie­ma­ker

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek -

Santova*, ’n k­lein nis-nie-ba­te­ge­gron­de lo­gis­tiek­maat­skap­py, het vroe­ër van­jaar re­sul­ta­te ge­le­wer waar sy we­sens­ver­dien­ste per aan­deel (WVPA) 44 sent was. Hy het ook ’n di­vi­dend van 7 sent ver­klaar selfs ter­wyl die sterk­te van die rand ge­du­ren­de die ver­slag­tyd­perk die mees­te van sy bui­te­land­se ver­dien­ste na­de­lig ge­raak het. Se­dert­dien het sy aan­deel­prys met so­wat 40% tot 420 sent tans ge­klim.

Daar was ’n groot aan­tal ver­ko­pers ge­wees wat blyk­baar uit die mark ge­tree het en die on­lang­se lo­pie aan­ge­help het. Hy het ’n hoog­te­punt van 450 sent al­vo­rens dit te­rug­ge­sak het.

Met be­trek­king tot die toe­koms, be­hoort Santova sy WVPA bin­ne die vol­gen­de d­rie tot vyf jaar tot 100 sent te ver­hoog. ’n Bil­li­ke prys-ver­dien­ste-veel­voud (p/v) sou so­wat 13 keer wees, dus is daar heel­wat meer op­waart­se po­ten­si­aal in­dien die maat­skap­py die Wvpa-groei met ’n meng­sel van plaas­li­ke en bui­te­land­se ver­dien­ste kan ver­mag.

Santova is op die oom­blik be­sig om ’n paar k­lein ver­kry­gings by te voeg. In die al­ge­meen was die maat­skap­py be­son­der suk­ses­vol met sy ver­kry­gings, ge­deel­te­lik om­dat hy sy eie sag­te­wa­re in die nu­we maat­skap­pye wat hy ver­kry, ge­bruik.

Ons sal mis­kien ’n swak­heid in die prys er­vaar ná die on­lang­se lo­pie, maar ek sal dit teen so­wat 400 sent per aan­deel by my por­te­feul­je voeg. ■ *Die skry­wer be­sit aan­de­le in Santova.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.