Wat van belasting op krip­to­geld­een­he­de?

Bit­coin en an­der krip­to­geld­een­he­de word tans in Sui­d­a­fri­ka baie soos in A­me­ri­ka be­las. Maar die te­sou­rie wys op die ge­va­re wat krip­to­geld­een­he­de vir die in­kom­ste­be­las­ting­stel­sel in­hou en stel wy­si­gings voor.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Voorblad Belasting En Jou Beleggings -

suid-a­fri­ka se belasting van krip­to­geld­een­he­de – vir­tu­e­le geld­een­he­de, soos Bit­coin – stem tans baie oor­een met die belasting in lan­de soos A­me­ri­ka, In­dië en Ka­na­da, sê Can­di­ce Gib­son, se­ni­or as­so­si­aat by Nor­ton Ro­se Ful­brig­ht. Die Suid-a­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) het vroe­ër aan­ge­dui dat hy sal voort­gaan om nor­ma­le in­kom­ste­be­las­ting­re­ëls op krip­to­geld­een­he­de toe te pas. Daar word van be­las­ting­be­ta­lers ver­wag om die wins of ver­lies uit krip­to­geld­een­he­de in hul be­las­ting­op­ga­wes te ver­klaar, an­der­sins kan boe­tes en ren­te weens on­der­ver­klaar­de in­kom­ste ge­hef word.

In­ge­vol­ge A­me­ri­kaan­se wet­ge­wing han­teer A­me­ri­ka se be­las­tin­go­wer­heid vir­tu­e­le geld­een­he­de as ei­en­dom. Vier sleu­tel­reg­te word aan ei­en­doms­reg­te toe­ge­skryf: die reg om die goe­de­re te ge­bruik, die reg om in­kom­ste daar­uit te ver­dien, die reg om die goe­de­re aan an­der oor te dra, en die reg om ei­en­doms­reg­te toe te pas.

Gib­son sê as ’n be­las­ting­be­ta­ler ’n vir­tu­e­le geld­een­heid “ont­gin”, ver­eis die A­me­ri­kaan­se be­las­tin­go­wer­heid dat die bil­li­ke mark­waar­de by die be­las­ting­be­ta­ler se in­kom­ste in­ge­sluit word – wat soort­ge­lyk is aan Suid-a­fri­ka se be­las­ting­stel­sel, wat ver­eis dat ’n ba­te wat in ’n in­kom­ste­re­ke­ning ge­hou word, by be­las­ba­re in­kom­ste in­ge­sluit word.

Die na­si­o­na­le te­sou­rie het in van­jaar se be­gro­tings­oor­sig ge­sê krip­to­geld­een­he­de hou ge­va­re vir

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.