Die bou van ’n wê­reld­wye sag­te­wa­re­saak

Die sag­te­wa­re-maat­skap­py, Adapt IT, het on­langs die fi­na­le stap in sy in­te­gra­sie­stra­te­gie ge­doen deur na nu­we kan­to­re te ver­huis. Hy het sy om­set in lus­te­lo­se e­ko­no­mie­se toe­stan­de ver­hoog en is hy nou ak­tief op soek na ver­kry­gings­ge­leent­he­de in die res va

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kolskoot -

met fin­week se aan­koms by Adapt IT se e­nor­me nu­we kan­toor­ge­bou in Mid­rand om ’n on­der­houd met die uit­voe­ren­de hoof, Sbu Shabalala, te voer, vind ons hom met die fi­nan­si­ë­le hoof Nom­ba­li M­bam­bo en kom­mer­si­ë­le di­rek­teur, Tif­fa­ny Duns­don, aan sy sy.

“Ek glo die re­de waar­om jy met my wil praat, is oor die maat­skap­py,” sê hy. “Adapt IT gaan nie oor my nie, dit gaan oor die span.”

Duns­don het die kom­mer­si­ë­le di­rek­teur ge­word ná die sa­me­smel­ting van In­fo­wa­ve Hol­dings en Adapt IT in 2007, en M­bam­bo is in 2016 as fi­nan­si­ë­ke hoof aan­ge­stel.

As ge­volg van die kon­so­li­da­sie, vroe­ër van­jaar, van agt kan­to­re in een hoof­kan­toor in Mid­rand, woon Shabalala en sy be­stuur­span nou al­mal in Jo­han­nes­burg. Die ver­hui­sing na Jo­han­nes­burg van­af sy en Adapt IT se tuis­te in Dur­ban was won­der­lik, sê hy, al gaan Adapt IT vol­gens hom al­tyd ’n Dur­ban­se maat­skap­py wees.

“Ons het dáár be­gin,” sê Shabalala, wat Adapt IT aan­vank­lik as ’n KMO in die It-sek­tor be­gin het.

Om al­mal on­der een dak te hê, sal help om Adapt IT se kul­tuur te be­vor­der, sê Shabalala.

Op ’n vraag oor wat dié kul­tuur be­hels, ant­woord Shabalala dat dit die “e­tie­se aard” is van hoe die maat­skap­py sa­ke doen. Vir hom is Adapt IT ’n maat­skap­py wat waar­des soos eer­lik­heid, deur­sig­tig­heid en on­der­lin­ge re­spek op­hou.

Hy glo ook die stap sal in­no­va­sie be­vor­der en si­ner­gieë in die maat­skap­py skep.

“As on­der­ne­ming is ons stra­te­gie om al ons sa­ke in een han­dels­merk – een maat­skap­py – te in­te­greer,” sê hy. “Dus was die ver­skui­wing van al dié on­der­ne­mings na een ge­bou pre­sies dit, die fi­na­le stap in ons in­te­gra­sie­stra­te­gie.

“Ons het on­der­ne­mings wat die­self­de mark­te be­dien, dus het ons een stra­te­gie no­dig om dié mark­te te be­na­der,” sê hy. “Ons kan soms die­self­de werk in ver­skil­len­de eenhede du­pli­seer, om al­mal dus te laat saam­werk, kan ons die in­no­va­sie­si­klus be­vor­der en nu­we pro­duk­te gou­er in die mark kry.”

Shabalala se er­va­ring in maat­skap­pye in die uit­saai­be­dryf en sui­ker­sek­tor het hom laat ver­staan hoe sag­te­wa­re die ma­nier be­paal waar­vol­gens ’n saak be­stuur word en hoe om sag­te­wa­re in in­kom­ste te ver­an­der.

“By Adapt IT moet ons weet wat­ter

“Die ver­skui­wing van al dié on­der­ne­mings na een ge­bou was pre­sies dit, die fi­na­le stap in ons in­te­gra­sie­stra­te­gie.”

Adapt IT se kom­mer­si­ë­le di­rek­teur

Tif­fa­ny Duns­don

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.