Wat his­to­ri­ci oor ons toe­koms te sê het

K­wes­sies soos die op­koms van po­pu­lis­me, toe­ne­men­de on­ge­lyk­heid, im­mi­gra­sie en ou­to­ma­ti­sa­sie is toe­ne­mend be­sig om tra­di­si­o­ne­le po­li­tie­ke al­li­an­sies te ver­an­der. En dit ver­an­der ook die ma­nier waar­op men­se stem.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud -

el­ke d­rie jaar ver­ga­der e­ko­no­mie­se his­to­ri­ci van oor die wê­reld om die nuut­ste na­vor­sing op die ge­bied van e­ko­no­mie­se ge­skie­de­nis te be­spreek. Vroeg in Au­gus­tus het meer as 1 400 in­ter­dis­si­pli­nê­re we­ten­skap­li­kes by MIT in Bos­ton by­een­ge­kom vir die nuut­ste Wor­ld E­co­no­mic His­to­ry Con­gress (WEHC). Dié groep is ge­woon­lik vrien­de­li­ke en iet­wat te­rug­ge­trok­ke men­se, maar dit is a­sof die po­li­tie­ke ver­wik­ke­lin­ge van die af­ge­lo­pe d­rie jaar e­ko­no­mie­se his­to­ri­ci uit hul slui­mer­slaap ge­ruk het. ’n Klas­sie­ke his­to­rie­se stro­kies­prent van ’n ou man wat in sy wieg­stoel sit en sê: “Die­ge­ne wat nie die ge­skie­de­nis be­stu­deer nie, is be­stem om dit te her­haal. Maar die­ge­ne wat die ge­skie­de­nis be­stu­deer, is be­stem om hul­pe­loos toe te kyk hoe al­mal an­ders dit her­haal,” lyk meer toe­pas­lik as ooit van­te­vo­re.

Ou­der­ge­woon­te was daar re­fe­ra­te oor e­so­te­rie­se on­der­wer­pe soos werks­ver­skui­wing in vroeë 20ste eeu­se Groen­land, of wat stuif­meel­da­ta ons kan ver­tel oor mar­kin­te­gra­sie in an­tie­ke G­rie­ke­land. Maar dit het vir my ge­lyk, wat my vier­de WEHC by­ge­woon het, dat die na­vor­sings­vrae van­jaar meer ver­band ge­hou het die groot vrae van die he­de.

Hoe lei glo­ba­li­sa­sie tot ’n po­pu­lis­tie­se teen­re­ak­sie? Waar­om neem on­ge­lyk­heid toe in ryk lan­de? Wat kan daar­aan ge­doen word? Hoe ge­bruik (mis­bruik) en­tre­pre­neurs net­wer­ke om suk­ses­vol te word? Die ge­skie­de­nis bied lei­dra­de (maar geen kits-ant­woor­de nie) vir al die vrae.

Twee ses­sies het dít be­klem­toon. Ja­ne Humphries en Clau­dia Gol­din het die ont­bre­ken­de rol van vroue in e­ko­no­mie­se ge­skie­de­nis be­spreek. Humphries, pro­fes­sor in e­ko­no­mie­se ge­skie­de­nis aan die U­ni­ver­si­teit van Ox­ford, het die be­lang van vroue in die Ny­wer­heids­om­wen­te­ling be­spreek. Gol­din, pro­fes­sor in e­ko­no­mie aan Har­vard-u­ni­ver­si­teit, het die meer on­lang­se oor­gang van vroue na die ar­beids­mark be­spreek.

Sy het aan­ge­dui, deur die ge­bruik van uit­ge­brei­de da­ta van ge­gra­du­eer­des van die Har­vard-sa­ke­skool, hoe die ge­slag-sa­la­ris­ga­ping tot ’n groot ma­te ver­dui­de­lik kan word deur vroue se voor­keur vir flek­sie­werk. Sy het aan­ge­voer dat vroue flo­reer in span­ne waar hul­le vaar­dig­he­de me­kaar kan on­der­vang. Vrou­e­dok­ters is by­voor­beeld meer ge­neig om in die ar­beids­mark te bly en meer ure te werk as hul­le as deel van ’n span me­die­se kun­di­ges werk, eer­der as hul eie.

Maar die hoog­te­punt van die kon­gres was T­ho­mas Pi­ket­ty se voor­leg­ging. Pi­ket­ty, pro­fes­sor in e­ko­no­mie aan die Pa­ry­se E­ko­no­mie­se Skool en be­kend om sy top­ver­ko­per Ca­pi­tal in the 21st Cen­tu­ry, het nou sy werk oor on­ge­lyk­heid ver­skuif na die po­li­tie­ke sfeer.

Hy het ’n oor­tui­gen­de ar­gu­ment voor­ge­hou dat die uit­brei­ding van ho­ër on­der­wys die tra­di­si­o­ne­le bond­ge­noot­skap­pe in politiek ver­an­der het. Hy het deur d­rie ge­val­le­stu­dies (in Frank­ryk, En­ge­land en A­me­ri­ka), ge­toon dat die steun van die in­tel­lek­tu­e­le e­li­te (dié met u­ni­ver­si­teits­gra­de) – toe­ne­mend na links in al d­rie die lan­de oor die af­ge­lo­pe d­rie eeue heen ver­skuif het.

In 1948 by­voor­beeld, het min­der as 20% van al­le stem­ge­reg­tig­des met ’n mees­ters­graad vir die De­mo­kra­tie­se Par­ty in A­me­ri­ka ge­stem; in 2016 was dit 70%. Waar­om? Ont­hou dat die De­mo­kra­tie­se Par­ty in A­me­ri­ka (of die Ar­bei­ders­par­ty in B­rit­tan­je) meer ten guns­te van her­ver­de­ling as die Re­pu­bli­kein­se Par­ty (of die Kon­ser­wa­tie­we Par­ty) is. Daar­om neig hul­le om die mees­te van hul­le steun van die ar­mes te kry (of, ten min­ste, dié wat ’n kans het om voor­deel te trek uit her­ver­de­ling).

Maar die ar­mes is nie meer on­op­ge­voed nie. In 1948, het ’n kat­spoe­gie meer as 20% van die stem­ge­reg­tig­des ’n graad ge­had. In 2016 was dit meer as 50%. Dit is lo­gies dat as 50% van stem­ge­reg­tig­des ’n u­ni­ver­si­teits­graad het, hul­le nie al­mal in die ryk­ste 10% kan wees nie. Dit be­te­ken dat daar ’n skei­ding ont­wik­kel het tus­sen die op­ge­voe­des en die ry­kes.

Dit is waar­om, vol­gens Pi­ket­ty, nu­we po­li­tie­ke stand­pun­te moont­lik ge­word het; hy i­den­ti­fi­seer vier groe­pe in Frank­ryk wat om­trent ewe groot is: in­ter­na­si­o­na­lis­tie­se e­ga­li­ta­ri­ër (pro-mi­grant, pro-ar­mes), in­ter­na­si­o­na­lis­tie­se in­e­ga­li­ta­ri­ër (pro-mi­gra­sie, pro-ryk), na­ti­vis­tie­se in­e­ga­li­ta­ri­ër (an­ti-mi­grant, pro-ryk) en na­ti­vis­tie­se e­ga­li­ta­ri­ër (an­ti­mi­grant, pro-arm).

P­re­si­dent Em­ma­nu­el Ma­cron kon daar­in slaag om die steun van meer as een van dié groe­pe te kry.

“Politiek was nog nooit ’n een­vou­di­ge arm-teen­oor-ryk-kon­flik nie,” sê Pi­ket­ty. “’n Mens moet na die mul­ti-di­men­si­o­ne­le in­houd van po­li­tie­ke ver­de­lings kyk.”

Ons sien dit ook in die Suid-a­fri­kaan­se kon­teks. Die ANC is ’n breë groe­pe­ring – van die plat­te­land­se ar­mes tot die ge­so­fis­ti­keer­de ste­de­lin­ge. Hoe lank kan hul­le dié de­li­ka­te ba­lans hand­haaf, wan­neer k­wes­sies soos glo­ba­li­sa­sie, mi­gra­sie en ou­to­ma­ti­se­ring be­slis­te ne­ga­tie­we uit­wer­kings op die een deel van hul­le kie­sers gaan hê, maar die an­der gaan be­voor­deel?

Dié bot­sings is nie nood­wen­dig vol­gens die breukly­ne van die ver­le­de nie. Ka­pi­taal en ar­beid, arm en ryk, op­ge­voed en on­op­ge­voed er­vaar voort­du­ren­de ver­an­de­ring.

Soos wat Pi­ket­ty sê, A­me­ri­ka is dalk be­sig om te­rug te keer tot die po­li­tie­ke groe­pe­rin­ge van die 19de eeu, met glo­ba­lis­te (hoë-in­kom­ste, hoë on­der­rig) aan die een kant en na­ti­vis­te (lae-in­kom­ste, lae on­der­rig)) aan die an­der kant. Of dit kan die pad loop van die De­mo­kra­tie­se Par­ty in A­me­ri­ka, wie se pro-sla­wer­ny/-af­skei­ders ge­lei het tot arm-wit-be­lei­d­rig­tings, wat ook arm swar­tes be­voor­deel het. Of ons kan in die p­lek daar­van die her­le­wing van ’n glo­ba­le e­ga­li­ta­rie­se e­li­te sien, soos in die na­loop van die Twee­de Wê­reld­oor­log, ’n stel­sel wat ge­lei het tot die ein­de van ko­lo­ni­a­lis­me en ’n glo­ba­le goue era van groei.

Die hoë vlak­ke van on­ge­lyk­heid in Suid-a­fri­ka be­te­ken die voort­set­ting van ’n en­ke­le, ver­e­nig­de ANC lyk on­waar­skyn­lik in die me­di­um- tot lang ter­myn. S­nel­le glo­ba­li­sa­sie, ou­to­ma­ti­sa­sie en toe­ne­men­de im­mi­gra­sie-druk is kra­ke wat selfs ’n uit­son­der­li­ke lei­er on­waar­skyn­lik sal kan be­heer.

As die ge­skie­de­nis (en e­ko­no­mie­se his­to­ri­ci) iets kan by­voeg, is dit dat die toe­koms on­waar­skyn­lik net ’n voort­set­ting van die hui­di­ge gaan wees. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Jo­han Fou­rie is me­de­pro­fes­sor in e­ko­no­mie aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.