Self­doen-grond­be­gin­sels: Hoe om in k­lein wen­ners te belê

Ter­wyl jy na­vor­sing doen, mag jy dalk ’n aan­deel vind wat groot waar­de bied, maar nog nie deur die mark raak­ge­sien is nie. Moet jy belê en wag dat al die an­der be­leg­gers dit ag­ter­kom?

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Inhoud -

stel jou die vol­gen­de voor. Jy soek na ’n k­lein on­ont­dek­te ju­weel om in te belê – wat die po­ten­si­aal het om ’n tien of twin­tig maal op­brengs te le­wer. Ge­nug­tig, dalk selfs 100 keer. Jy doen jou na­vor­sing, vind en laat vaar tal­le moont­li­ke kan­di­da­te, to­dat jy dit uit­ein­de­lik vind. Jy het tien jaar se jaar­ver­slae ge­lees en die re­sul­ta­te het ’n wa­re ver­steek­te ju­weel ont­bloot. Die waar­da­sies is ge­wel­dig goed­koop en die be­dryf waar­in die maat­skap­py sa­ke doen bied re­ë­le groei­po­ten­si­aal, ter­wyl dit die ab­so­lu­te ver­moë het om vin­ni­ger as sy e­we­knieë in die be­dryf te groei.

Jy spring in, bou baie op­ge­won­de vir jou ’n po­si­sie in die aan­deel en dan wag jy vir die res van die mark om die ju­weel­tjie raak te sien, ter­wyl jy reeds be­plan hoe jy die groot ryk­dom wat na jou op­pad is, gaan be­stee. Maar niks ge­beur nie. Die maat­skap­py hou aan om fan­tas­tie­se re­sul­ta­te te le­wer en die di­vi­dend te ver­hoog – maar die aan­deel­prys doen niks.

In teen­deel, dit daal. Ge­frus­treerd, ver­dub­bel jy jou na­vor­sing oor die maat­skap­py en die sek­tor waar­in dit sa­ke doen. Jy lees weer die af­ge­lo­pe 20 jaar se jaar­ver­slae en -re­sul­ta­te.

Jy gaan doen ter­rein­be­soe­ke (in­dien moont­lik) en ver­ge­lyk die maat­skap­py met sy in­ter­na­si­o­na­le e­we­knieë.

Al­les wat jy oor die maat­skap­py ge­dink het bly waar – dit is die bes­te aan­deel om te be­sit in die he­le mark. Maar niks ge­beur nie . . . Die kwes­sie hier is nie nood­wen­dig jou na­vor­sing nie. Kom ons aan­vaar dit is kor­rek en dit ís ’n won­der­li­ke maat­skap­py.

Die kwes­sie hier is dat die res van die mark nie ook in­klim en koop nie. Vir ’n aan­deel­prys om ho­ër te be­weeg, het jy nu­we ko­pers no­dig - en baie van hul­le. Kort­weg, iets moet ge­beur wat ’n golf ko­pers sal lok. Won­der­li­ke re­sul­ta­te is nie al­tyd die ant­woord nie, ver­al nie as hul­le tot dus­ver niks kon reg­kry nie.

Met klein­ka­pi­taal­aan­de­le is die pro­bleem dik­wels dat die aan­deel heel­te­mal te k­lein is vir in­sti­tu­si­o­ne­le be­leg­gers om in te belê, en son­der in­sti­tu­si­o­ne­le aan­ko­pe sal ’n aan­deel suk­kel.

Met­ter­tyd kan dit dalk ho­ër kruip, en uit­ein­de­lik op die ra­dar­skerms van die gro­ter ba­te­be­stuur­ders be­land wat sal be­gin koop en die prys ho­ër sal op­stoot.

Maar dit kan ’n lang wag word.

’n Aan­deel­prys het ’n snel­ler no­dig. Dit kan wees dat die maat­skap­py uit­ein­de­lik groot ge­noeg word. Of dalk is daar spra­ke van ’n sa­me­smel­ting of ver­kry­ging wat hom gro­ter sal maak of die aan­dag op hom ves­tig. Maar ge­hal­te op sig­self is nie al­tyd ge­noeg om ’n aan­deel­prys ho­ër te druk nie. Tog be­hoort be­leg­gers nie dié juweeltjies ver­my nie.

Jy be­hoort wel slim­mer te wees in hoe jy hul­le koop, en wat­ter jy koop. Di­vi­den­de word baie be­lang­rik, om­dat hul­le jou e­nig­ste op­brengs vir baie ja­re kan wees ter­wyl jy wag vir an­der be­leg­gers om wak­ker te skrik. Die di­vi­dend be­hoort ook jaar­liks te styg na­ma­te die re­sul­ta­te ver­be­ter. Uit­ein­de­lik, as niks an­ders die deur­slag gee nie, kan ’n ui­ter­ma­tig hoë di­vi­dend op­brengs ho­pe­lik by­ko­men­de ko­pers be­gin lok.

Die an­der kun­sie is om ge­lei­de­lik in die aan­de­le in te koop, eer­der as om al­les op een slag te koop. Bou jou po­si­sie sta­dig en wees slim oor die prys wat jy be­taal. Moe­nie som­mer net teen die hui­di­ge aan­bod­prys koop nie.

Kyk na die gra­fie­ke en kyk of daar ’n ver­han­de­lings­kur­we is. As daar is, sit jou aan­bie­din­ge aan die on­der­kant van die kur­we in.

Jy kan ook die helf­te koop van wat jy eint­lik wil hê en dan nog ses of 12 maaan­de wag voor­dat jy te­rug­kom om meer te koop, dalk selfs teen ’n la­er prys.

Die punt is dat jy nie die ju­weel­tjie moet laat vaar nie. Wees ge­dul­dig en ge­niet die di­vi­dend ter­wyl jy vir an­der ko­pers wag om op die to­neel te ver­skyn. Laas­tens, wees op die uit­kyk vir meer as een ju­weel­tjie. ’n Paar ju­we­le sal jou kan­se ver­be­ter. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Met klein­ka­pi­taal­aan­de­le is die pro­bleem dik­wels dat die aan­deel te k­lein is vir in­sti­tu­si­o­ne­le be­leg­gers om in te belê, en son­der in­sti­tu­si­o­ne­le aan­ko­pe sal ’n aan­deel suk­kel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.