Ver­sig­tig met dro­me oor be­leg­gings

Ter­wyl groot­skaal­se belegging deur mul­ti­na­si­o­na­le maat­skap­pye in A­fri­ka dik­wels ver­wel­kom word, het nie al­le be­leg­gings al­tyd guns­ti­ge uit­koms­te vir die vas­te­land nie.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Mening -

ty­dens Cy­ril Ra­map­ho­sa se on­lang­se be­leg­gings­kon­fe­ren­sie, het mul­ti­na­si­o­na­le maat­skap­pye on­der­neem om mil­jar­de ran­de vir die toe­koms van Suid-a­fri­ka te skenk. Die eu­fo­rie was be­dwel­mend, en is af­ge­rond deur A­li­ba­ba voor­sit­ter Jack Ma se gees­drif­ti­ge op­roep vir belegging en en­tre­pre­neur­skap: “Vir ’n land om te ont­wik­kel, is daar drie be­lang­ri­ke en ba­sie­se din­ge wat ge­doen moet word. Die eer­ste is on­der­wys; dit is al­tyd goed om in on­der­wys te be­lê. Om in men­se te be­lê, is die bes­te belegging ter wê­reld. En die twee­de ding is ver­troue; steun en­tre­pre­neurs en bou hul­le op. Maak hul­le die hel­de. Die be­lang­rik­ste is ’n goeie en skoon re­ge­ring.”

Ra­map­ho­sa het daar­by aan­ge­sluit: “Ons wil ons sa­ke­men­se die hel­de maak. Kom ons be­skou hul­le as die hel­de want hul­le is hier om ons ekonomie te ont­wik­kel.”

Dit is ’n dra­ma­tie­se ver­an­de­ring van die re­to­riek van ver­le­de jaar, toe en­tre­pre­neurs in die o­pen­baar uit­ge­jou is as ver­wor­pe­lin­ge wat ge­kant is teen trans­for­ma­sie, in­slui­ting en ge­lyk­heid. Ra­map­ho­sa het dit er­ken: “Ons moet . . . weg­be­weeg van waar­aan ons ge­woond ge­raak het van hoe ons en­tre­pre­neurs be­han­del en hul­le al­ler­han­de na­me noem. Ons be­han­del hul­le as vy­an­de, met uit­la­tings soos wit mo­no­po­lie. Dit eindig al­les van­dag.”

By die kon­fe­ren­sie het maat­skap­pye soos *Nas­pers on­der­neem om R6 mil­jard in die teg­no­lo­gie­sek­tor en be­gin­maat­skap­pye te be­lê. Dit dui op op­ti­mis­me ná ja­re van flou groei. Maar nie al­le be­sig­heid is goeie be­sig­heid nie. Ter­wyl be­leg­gings soos dié van Nas­pers in­der­daad ’n sin­vol­le ver­bin­te­nis is tot die kweek van die vol­gen­de ge­slag en­tre­pre­neurs, moet ons nie nood­wen­dig aan­neem dat groot be­leg­gings nood­wen­dig tot be­ter uit­koms­te lei nie. Wan­neer ’n mul­ti­na­si­o­na­le fir­ma ’n land be­tree, kan hy mak­lik die plaas­li­ke me­de­din­gers ver­smoor. En ter­wyl hul­le dik­wels be­ter of aan­trek­li­ker pro­duk­te en diens­te aan klan­te kan bied van­weë hul­le skaal, kan hul­le ook po­li­tie­ke en be­leids­pro­ses­se be­ïn­vloed wat tot die na­deel van die land is.

Hei­ne­ken is ’n goeie voor­beeld. Dit is een van die groot­ste bier­brou­e­rye ter wê­reld en een van die be­kend­ste han­dels­mer­ke in A­fri­ka. Dit be­dryf 56 aan­leg­te in 23 A­fri­ka-lan­de. Ter­wyl A­fri­ka, vol­gen­ste die jong­ste be­skik­ba­re sy­fers, 14,7% van sy wê­reld­ver­koops­vo­lu­me be­slaan, maak dit 20,8% van sy wê­reld­wins; met an­der woor­de, el­ke bier wat in A­fri­ka ver­koop word, is 42% meer wins­ge­wend as ’n bier wat el­ders ver­koop word.

O­li­vier van Bee­men, ’n Ne­der­land­se on­der­soe­ken­de joer­na­lis en P­hd­stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit van Am­ster­dam, het ’n prik­ke­len­de boek ge­skryf oor waar­om Hei­ne­ken so suk­ses­vol in A­fri­ka is. S­legs be­skik­baar in Ne­der­lands en Frans, maar met ’n En­gel­se ver­ta­ling wat vir Fe­bru­a­rie 2019 be­plan is, lig die boek die dik­wels skok­ken­de prak­ty­ke uit waar­in Hei­ne­ken be­trok­ke is, of min­stens, toe­laat dat dit ge­beur ter­wyl hy s­legs toe­kyk. Ek gaan nie de­tail gee nie, maar Van Bee­men noem al die ge­wo­ne wan­prak­ty­ke: be­drog, kor­rup­sie, be­las­ting­ont­dui­king, sek­su­e­le mis­bruik en selfs sa­me­wer­king met dik­ta­tors.

Hoe kan ’n mul­ti­na­si­o­na­le maat­skap­py met ’n uit­mun­ten­de re­pu­ta­sie in Eu­ro­pa by sul­ke on­wet­ti­ge en im­mo­re­le prak­ty­ke be­trok­ke raak? Die ant­woord is kort­om, die ver­moë om s­wak in­stel­lings te mis­bruik. In ’n om­ge­wing waar die op­per­ge­sag van die reg ver­dag is, waar ei­en­doms­reg slap is, of waar ’n on­af­hank­li­ke me­dia s­wak of on­doel­tref­fend is (waar vir baie A­fri­ka-lan­de in die ver­le­de en van­dag) kan mul­ti­na­si­o­na­le maat­skap­pye dik­wels juis dié in­stel­lings be­ïn­vloed wat ver­on­der­stel is om hul op­tre­de te re­gu­leer.

Van Bee­men het sy eer­ste boek oor A­fri­ka in 2015 ge­pu­bli­seer. Hei­ne­ken het aan­vank­lik ver­kies om nie te re­a­geer nie, maar met sy twee­de boek was hul­le meer ge­wil­lig om te re­a­geer. Hul­le ont­ken baie van die be­we­rings, maar sê ook dat baie van die goed wat Van Bee­men noem “lank ge­le­de ge­beur het”. Dit is neer­druk­kend dat hul­le sê dit is moei­lik om “’n ei­land van per­fek­sie in ’n see van el­len­de te wees”. As jy tus­sen die re­ëls: Dit is A­fri­ka se skuld en on­der om­stan­dig­he­de ver­rig ons won­der­li­ke werk.

Daar was ’n ma­te van re­ak­sie binne Ne­der­land op die ont­hul­lings. Vrae is in die Ne­der­land­se en Eu­ro­pe­se par­le­men­te ge­vra, en ’n mo­sie is aan­vaar om mul­ti­na­si­o­na­le fir­mas aan te moe­dig om hul­le in die bui­te­land te ge­dra. ’n Bank het aan Hei­ne­ken ont­trek.

Maar, vol­gens Van Bee­men, het min op grond­vlak ver­be­ter. A­fri­ka bly ’n e­nor­me wins vir Hei­ne­ken. (Ter­loops, se­dert Van Bee­men se eer­ste boek, dui Hei­ne­ken nie sy wins vir A­fri­ka af­son­der­lik aan nie. S­naaks ge­noeg, word die A­fri­ka­wins nou met die baie on­wins­ge­wen­de Rus­sie­se mark ge­kom­bi­neer, met die ge­volg dat die ge­sa­ment­li­ke wins groot­liks die­self­de as vir die res van die wê­reld is). En dit is waar­skyn­lik dat hy sy ak­ti­wi­tei­te sal uit­brei.

As ons s­legs saam­ge­stel­de di­rek­te bui­te­land­se belegging in ag neem, sou gro­ter be­leg­gings as ’n goeie ding be­skou word. Maar sul­ke be­leg­gings kan pre­sies die teen­oor­ge­stel­de ge­volg hê as om jong en­tre­pre­neurs aan te moe­dig. Ge­ge­we Hei­ne­ken se mar­koor­heer­sing, sal dit am­per on­moont­lik vir plaas­li­ke en­tre­pre­neurs wees om ’n vas­trap­plek te kry. En ge­ge­we sy ver­moë om plaas­li­ke po­li­ti­ci te be­ïn­vloed, soos wat Van Bee­men se be­wy­se aan­dui, sal dit baie moei­lik wees vir e­ni­ge me­de­din­gers om toe­gang tot brou­e­ry­li­sen­sies of uit­voer­sub­si­dies te kry.

Van Bee­men se weer­ga­we van Hei­ne­ken in A­fri­ka is ver ver­wy­der van Jack Ma se droom van on­der­wys, plaas­li­ke en­tre­pre­neur­skap en ’n goeie en skoon re­ge­ring. In die af­we­sig­heid van dié drie din­ge, kan ons vind dat ver­de­re belegging dalk kan lei tot ’n sleg­ter eer­der as ’n be­ter uit­koms. ■

te­rug­[email protected]­week.co.za

Jo­han Fou­rie is me­de­pro­fes­sor in ekonomie aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

*fin­week

Hoe kan ’n mul­ti­na­si­o­na­le maat­skap­py met ’n uit­mun­ten­de re­pu­ta­sie in Eu­ro­pa by sul­ke on­wet­ti­ge en im­mo­re­le prak­ty­ke be­trok­ke raak? Die ant­woord, kort­om, is die ver­moë om s­wak in­stel­lings te mis­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.