Nog geen be­sluit ’n Sterk me­de­din­ger vir die JSE

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kortliks -

Be­gin No­vem­ber het die mi­nis­ter van fi­nan­sies, Ti­to M­bo­we­ni, on­ver­wags by ’n be­leg­gers­kon­fe­ren­sie in A­me­ri­ka ge­sê die SAL moet mis­kien net ge­sluit word. Nou vra al­mal vir my of hul­le Co­mair moet koop. Die ant­woord is nee. Dit sal ’n lang tyd wees voor­dat SAL ge­sluit sal word, in­dien dit ooit ge­beur (en be­slis nie voor ’n ver­kie­sing nie). Daar­be­ne­wens is dit een ding vir ’n mi­nis­ter om voor te stel dat dit ge­sluit moet word, maar iets heel an­ders om dit reg­tig te doen. Die o­lie­prys wat tans so­wat 20% la­er is as sy on­lang­se hoog­te­pun­te is voor­de­lig vir Co­mair. Hoe­wel ek lug­diens­aan­de­le nog al­tyd ver­my het, vaar hul­le tans plaas­lik en wê­reld­wyd nog­al baie goed. S­tan­dard Bank én AVI het hul aan­de­le on­langs op die nu­we A2x-beurs ge­no­teer. Eers­ge­noem­de is ’n werk­li­ke aan­wins vir die nu­we beurs. Hy het nou 11 no­te­rings, drie van hul­le af­koms­tig van die FTSE/JSE se Top40. A2X sê dat hy tans s­legs on­ge­veer 1% be­har­tig van die to­ta­le waar­de wat ver­han­del word. Sy mark­aan­deel is dus baie klein. So­ver ek kan vas­stel, bied baie min plaas­li­ke aan­de­le­ma­ke­laars die op­sie van han­del op die A2X – hoe­wel baie dit oor­weeg of be­sig is om dit in te stel. Met ver­loop van tyd sal A2X mark­aan­deel ver­kry; ek skat dit sal tus­sen 15% en 20% wees, wat ’n groot deel van die JSE se in­kom­ste sal wees. Vir pri­va­te kli­ën­te be­rus die be­sluit om ’n aan­deel op die JSE of A2X te koop net op twee oor­we­gings (as jou ma­ke­laar wel die A2x-op­sie bied). Eer­stens, kos­te: Goed­ko­per is al­tyd be­ter. T­wee­dens, prys: Met ver­ko­pers wat aan­de­le op al­bei beur­se aan­bied, sal ek die goed­koop­ste koop – en daar is be­ter pry­se op die A2X. Daar lê steeds ’n lang pad voor, maar dit lyk be­slis as­of ons ’n sterk me­de­din­ger vir die JSE het. ■ te­rug­[email protected]­week.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.