MSCI voor­lo­pig ag­ter­weë

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kortliks -

Net voor MSCI se aan­kon­di­ging van

31 Ok­to­ber dat hy voor­lo­pig nie ver­an­de­rin­ge aan sy in­dek­se sal im­ple­men­teer nie, het Nas­pers* teen R2 370 ge­sluit. Die ver­an­de­rin­ge ver­wys na die uit­slui­ting van aan­de­le met ’n lae aan­tal stem­me – wat be­leg­gers kry as hul­le Nas­pers koop – uit MSCI se maat­sta­fin­dek­se. Ná die aan­kon­di­ging het die aan­deel oor ’n paar dae met so­wat 25% ge­styg tot net on­der R2 900 op 2 No­vem­ber. Dit was ’n groot red­ding, nie net vir Nas­pers nie, maar ook vir ons plaas­li­ke mark­te, om­dat die aan­deel die Top40- én In­di25-in­deks oor­heers. Maar hier­die pro­bleem sal nie weg­gaan nie. Die MSCI sal een­dag te­rug­keer na die i­dee om die ge­wig van aan­de­le soos Nas­pers (met ’n lae aan­tal stem­me) binne sy in­dek­se te ver­min­der, en dit sal lei tot ver­koop­druk in die aan­deel wan­neer in­deks­vol­gers hul aan­de­le ver­min­der. Nas­pers het ’n baie in­ge­wik­kel­de aan­deel­hou­er­ske­ma, maar dit is nie ’n pro­bleem nie – Nas­pers kan mak­lik ver­an­der. Maar dit is iets wat steeds oor die aan­deel bly hang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.